Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Jaco Jacobs wen nóg ’n Akademie-prys
Jaco Jacobs

Die veelbekroonde skrywer Jaco Jacobs het pas verneem die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ken ook die Scheepersprys vir jeugliteratuur aan hom toe. Hy het reeds die Alba Bouwer-prys vir kinderliteratuur ontvang.

Die Scheepersprys is vir Dinge wat ek nie van skape geweet het nie en die Alba Bouwer-prys vir Moenie hierdie boek eet nie!

Zinelda McDonald ontvang as illustreerder van Moenie hierdie boek eet nie!ook die Bouwer-prys.

Jacobs sê hy is reeds oorweldig deur die Alba Bouwer-prys – en nou is hy “totaal oorweldig”.

Dinge wat ek nie van skape geweet het nie gaan oor Luan wie se prokureur-pa vure moes doodslaan sodat hy nie weens ’n oortreding uit die skool geskors word nie.

Vir sy straf stuur sy pa hom saam met sy eksentrieke fotograaf-ouma op ’n vakansiereis deur die Karoo.

Op De Aar ontmoet hy Lana, ’n kampvegter vir diereregte, wat hom na hul basaar nooi en hom onwetend ’n skaap laat steel. So word Delores ook deel van die reis.

Deur humoristiese en hartroerende insidente leer Luan nie net sy ouma beter ken nie, maar ook homself.

Jacobs sê dit is die eerste keer dat hy die pad wat hy gereeld van Bloemfontein na sy grootwordplaas by Carnarvon ry, min of meer in een van sy boeke beskryf.

Soos dit dikwels met skrywers gesteld is, wonder hy ook of hy nog storie-idees het.

“Kort voordat ek vanoggend die laaste hoofstuk van my volgende boek voltooi het, het ek juis gewonder waaroor sal ek hierna skryf. Gelukkig het ’n storie na vore getree voordat ek die laaste woorde neergepen het.”

En so raak die kruik van dié produktiewe Bloemfonteinse skrywer nooit leeg nie.

Hy wil egter “niks” oor die nuwe boek sê nie, “want elke keer sodra ek ’n boek afgehandel het, voel dit of dit my swakste stuk werk nog is. Ek laat lê gewoonlik die manuskrip so twee of drie weke voordat ek dit lees en dan besluit of dit goed genoeg is om aan die uitgewer Lapa voor te lê.”

Die Akademiepryse word op 10 Julie op Stellenbosch en op 11 September in Pretoria oorhandig.

Meer oor:  Jaco Jacobs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.