Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Jacobs se dogter inspirasie agter wenboek
Jaco Jacobs Foto: Emma Booysen

Jy sing soos wat jy gebek is, sê die skrywer Jaco Jacobs, onlangse wenner van die Tienie Holloway-medalje vir jeuglektuur, oor dié genre waarin hy skryf.

Die prys word elke derde jaar deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns toegeken.

Jacobs het dit ontvang vir sy boek Grom waarvoor Lilje Karsen die illustrasies gedoen het.

Sy dogter Emma (hy het ook ’n dogter Mia) se gegrom het die boek geïnspireer.

Die hoofkarakter heet ook Emma, en sy hou nie daarvan om op te staan nie en sy grom vir haar ouers as hulle haar wakker maak. En op ’n dag merk sy op dat sy snorbaarde en kolle op haar lyf het.

Spaghetti tussen jou tone deur Jaco Jacobs.

“Kinderliteratuur is vir my een van die interessantste genres denkbaar,” sê Jacobs uit sy tuisdorp, Carnarvon in die Noord-Kaap.

Dit was hier waar hy sy eerste “storie” op sewe geskryf het en waar hy vir sy veel ouer niggies en nefies stories vertel het.

“Ek kan glad nie onthou dat ek stories vertel het nie, en dit klink eintlik nie soos ek nie, want op laerskool was ek baie skaam en teruggetrokke. Maar jy weet, die Karoo het soveel stories wat rondlê, jy moet hulle gebruik.”

Behalwe vir sy skoolreünie hier, is hy ook weer op toer na skole waar hy oor twee van sy nuwe boeke gesels.

Spaghetti tussen jou tone en Dinge wat ek nie van skape geweet het nie is albei deur Lapa uitgereik.

Dinge wat ek nie van skape geweet het nie deur Jaco Jacobs.

“Ek lees ook self baie in die genre en ek hou dop watter interessante goed verskyn. Ek het die afgelope paar dae nege skole besoek. Dit is lekker om met die kinders te praat. Jy hoor waarvan hou hulle, wat hulle skok. Dit is baie eerlike, direkte terugvoer. As jy sekere goed oor jou boek vertel, kan jy sien en hoor hoe die kinders asem ophou. Dis ’n lekker gevoel.”

Twee van Jacobs se boeke, Suurlemoen en Oor ’n motorfiets, ’n zombiefliek en lang getalle wat deur elf gedeel kan word, is ook as rolprente uitgereik.

“Ek dink my humorsin het dalk gaan vassteek tussen die ouderdom van nege en 12 jaar,” skerts hy.

“Daar is grappies wat ons vir mekaar op laerskool vertel het, wat nou nog vir my snaaks is.”

Meer oor:  Lapa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.