Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Jacobs slaan 2 Veertjies los met kinderboeke
Nanette van Rooyen het ’n Veertjie in die selfleeskategorie vir graad 8 tot 10 gewen met haar roman ‘Die 17de veer’.

Die ATKV-Woordveertjies, wat reeds vir meer as ’n dekade uitmuntende skrywers, digters en dramaturge bekroon, het vanjaar ’n splinternuwe baadjie aangetrek met die aanlyn bekendmaking van die wenners.

Sonél Brits, besturende direkteur van die ATKV-MSW, sê vanjaar – te midde van die Covid-19-pandemie – het die waarde van lees opnuut na vore gekom en onderstreep dat lees die ideale manier is om jou wêrelde te verbreed.

Die wenners van die ATKV-Kinderboekpryse, ’n kategorie waar die leerlinge self vir hulle gunstelingboeke en -illustrasies stem, is soos volg:

Voorleeskategorie: Graad RR – 1

•Skrywer: Jaco Jacobs (Lapa Uitgewers) – Sasha word stil

•Illustreerder: Angela Banks (Lapa Uitgewers) – Sasha word stil

Jaco Jacobs het Veertjies in twee kategorieë gewen vir graad RR- 1 met Sasha word stil asook graad 2 tot 3 met ‘Monsterpizza.’

Selfleeskategorie: Graad 2 – 3

•Skrywer: Jaco Jacobs (Lapa Uitgewers) – Monsterpizza

•Illustreerder: Yolandi Prins (Lapa Uitgewers) – Monsterpizza

Selfleeskategorie: Graad 4 – 5

•Skrywer: Fanie Viljoen (Lapa Uitgewers) – Aksieheld Austin: Onheil op Skedelbaai

•Illustreerder: Fanie Viljoen (Lapa Uitgewers) – Aksieheld Austin: Onheil op Skedelbaai

Selfleeskategorie: Graad 6 – 7

Fanie Viljoen het ’n Veertjie gewen in die selfleeskategorie vir graad 4 tot 5 met ‘Aksieheld Austin: Onheil op Skedelbaai’

•Skrywer: Annabel Allers (Lapa Uitgewers) – ’n Ou soos jy

Selfleeskategorie: Graad 8 – 10

•Skrywer: Nanette van Rooyen (Lapa Uitgewers) – Die 17de veer

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.