Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Jan van Tonder se ‘Verevrou’ op RSG

Jan van Tonder se roman Die verevrou word van Vrydag op RSG voorgelees.

Die verevrou
Jan van Tonder Foto: Brenda Veldtman

Die veteraan-akteur Johann Nel lees dit elke weeksaand om 19:20.

Van Tonder, bekend om vorige romans soos Roepman en Is sagie, se epiese roman strek oor dekades en verskillende vastelande en handel oor die volstruisbedryf, die liefde en hoe om jou eie waarheid te vind.

In 1948 is Liora ses jaar oud en sy woon saam met haar ouers en tante Alessa op ’n plaas neffens die Sahara-woestyn in Algerië. Sy tel altyd die dae af tot oom Moshe volstruispluime bring van die verre Klein-Karoo.

Meer as 40 jaar later, ná die bloederige Algerynse oorlog en ná ’n loopbaan as plumassier in Parys, gaan Liora na Oudtshoorn, op soek na haar geliefde mentor. Maar op De Rust verskyn ’n steltloper anderkant die busvenster se ruit. Dié groet haar, verewaaier in die hand, soos iemand wat óók volstruispluime ken.

* Die verevrou (Human & Rousseau) word weeksaande om 19:20 op RSG (100 tot 104 fm) voorgelees.

‘Die verevrou’ deur Jan van Tonder.
Meer oor:  Human & Rousseau  |  Rsg  |  Jan Van Tonder  |  Oudtshoorn  |  Radio  |  Boeke  |  Volstruisbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.