Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Jeanne Goosen sterf

Die skrywer Jeanne Goosen, bekend om romans soos Ons is nie almal so nie en 'n Pawpaw vir my darling, is dood.

Goosen (81) is Dinsdag omstreeks 23:30 in haar meenthuis in Melkbosstrand dood. 

Jeanne Goosen
Jeanne Goosen Foto: Tessa Louw

Petrovna Metelerkamp van Hemel & See Boeke, wat onlangs haar biografie, Jeanne Goosen: 'n Lewe vol sinne, uitgereik het, sê Goosen het Dinsdagaand in 'n koma verval.

“Sy het haar bewussyn verloor en haar versorger, Michele van der Westhuizen, was by haar toe sy dood is. Daar sal die naweek 'n diens gehou word, maar ons weet nog nie wat nie. Haar konsentrasievermoë het die laaste ruk erg afgeneem en sy het fisiek baie onaktief geword. Sy het selde uit haar bed opgestaan. Haar hondjie, Fudge, was heeltyd by haar op die bed. Dié twee is mos sinoniem.”

“God sal Jeanne met ‘n glimlag verwelkom.”

Goosen se vierde digbundel, Het jy geweet ek kan toor, het vroeër vanjaar verskyn. 

Goosen het in 1971 gedebuteer met die digbundel, 'n Uil vlieg weg. Sy het verskeie boeke en toneelstukke geskryf. Van haar rubrieke is ook as 'n bundel uitgereik. 

Sy sou in Julie 82 jaar oud word.

Celesté Fritz wat betrokke was by die publikasie van Goosen se boek Los gedagtes, het aan Metelerkamp gesê: "God sal Jeanne met 'n glimlag verwelkom."

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.