Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Jephtas nie bang om yt te staanie

Veronique Jephtas is ’n interessante nuwe stem wat nie bang is om aanstoot te gee met die ‘onpoëtiese’, woedende, eerlike gedigte in haar debuutbundel nie, hoewel Nathan Trantraal tog ironie en dieper refleksie gemis het.

Jephtas (24) is ’n skrywer, aktivis, digter, “spoken word”- kuns­tenaar, regisseur en aktrise van die Paarl wat in 2019 haar honneursgraad in drama en teaterstudies aan die Universiteit Stellenbosch voltooi het.

Soe rond ommie bos deur Veronique Jephtas. Uitgewer: Protea Boekhuis. Prys: R200.

Die omslag van Veronique ­Jephtas se debut digbundel, Soe rond ommie bos, isse visual pun. Nude, swat, female bodies float tussen ie sterre tien 'n pienk galaxy: heavenly bodies. It is oek 'n unashamedly overt celebration van swat feminism.

Die illustration is peppered met klein details wat relate an urban swat identity: natural hare, bangles en bamboo earrings. Behalwe dat it 'n mooi omslag is, issit oek 'n manier vi die digter om haa politics op haa sleeve te dra. Vegiewe die unintended pun. Natuulik issit sad dat inklusiwiteit en swat pride nog altyd 'n political stance is en nie die norm ie.

Baie van die gedigte in Soe rond ommie bos revolve rondom die digter se frustration en disaffection mette modern wêreld wat baie meer evolved moet wies as wattit is - ’n violent, misogynistic wêreld waa’in vrouens nooit veilag kan voel ie. In die gedig “femicide” beskryf Jephtas hoe asse vrou sy vewag wôd om net an te gan met haa dag tewyl sy bombarded wôd met nuus van vrou ná vrou se moord:

ek kannie hylie

wan my first draft vi my honours moet in

en my supervisor gannie nou omgie oo my gevoelensie

die department gannie omgie oo hoe gebriekie nation issie

Ienagge vrou sal kan relate annie gedig. Femicide het soe alledaags gewôd dattit relegated is na net nog een vannie baie pres­sures vannie daaglikse liewe. It sallie ienagge special awareness of engagement elicit yt haa lecturers offie department waa sy study vi haa honours ie. Vasgevang in die simple gedig isse grim reality. Een wat mens help sien hoekom vrouens soe often violence internalise. Ôs liewe inne tyd en plek wattie die tyd vat om te acknowledge dat vrouens en ve’al swat vrouens in constant, existen­tial danger issie.

Ve’al swat vrouens is in constant existential danger.

Die spesifieke gedig is demonstrative in baie ways van als wat ek van gehou et én nié van gehou et omtrent Soe rond ommie bos ie. It is simple, “onpoëties”, angry en eerlik, dit is goeie dinge om te wies. Annie annekant is daa often 'n afwesigheid van irony en dieper reflection. Jephtas vegiet somtyds dat omme stêk gedig te skryf, issit ie altyd genoeg om op die regte kant vannie argument te wiesie. It isse unfortunate shortcoming ve’al omdat sy die balance soe goed regkry in anne gedigte, soes byvoobeeld die gedig “sorrie”. Hie beskryf Jephtas hoe haa ouma by 'n ATM beroof wôd. En wat agtena gebee. Dis vi my een vannie stêkste gedigte innie bundel. In dié gedig kom daa 'n militant spirit en pesoonlikheid dee, vasgevang innie slot vannie gedig:

hulle sit hom toe innie boot ennie nai skrie heeltyd

van sy dogtertjie en hoe hy jamme is

byrie polisiestasie toe smeek hy my ouma

moenie ?saak maakie

is dai dag wat ek my grootste character trait komeet

ek hettie dai jong jamme gekry nie

jamme sê betieken fokkol

Ek dink die beskrywing wat Jephtas hie gie van die spreker innie gedig, wie mens mag aflei die digterstem is, is een wat unapologetic is. Sy is nie hie om van gehou te wôd ie. Sy willie hê jy moet dink sy is nice ie. Wan, hoekom moet sy nice wies? Vi wie? Baie van die gedigte lies soes 'n response an die soot kommentaar wat vrouens daagliks kry tewyl hulle af in die pad stap, die “Meisie jy moet smile, hoekom lyk jy soe kwaad?” type comments. It is satisfying om die meisie wattie smile ie se reply te hoor.

Jephtas se gedigte lies deels soes performance poetry. It het my lat dink an Safia Elhillo en Warsan Shire, altwie jong, feminist, political skrywers wie die lyne blur tussen slam en written poetry. Baie van die gedigte sal net rêrag liewendag kom oppe stage, waa elke cadence calculated is en somtyds mundane lines lifted sal wôd dee careful delivery. Voobeelde hievan kan gekry wôd in gedigte soes “cyril raak wys” en “welkom in suid-afrika” wat 'n enthusiastic response sal activate vanaf 'n crowd maa minner engaging is oppie blaai. Conceptually wôd die gedigte saamgeheg dee kinnerympies soes “kamma kô ma? nawt yet”, wat oek die title van een gedig is. It wêk goed omdat die rympies soe 'n vaste plek het innie consciousness van ve’al bryn mense across generations. Asse lieser vattit jou trug na jou eie kinnedae en die tema van innocence lost kom tevore nog voo jy bewus kan wôd daavan.

Veronique Jephtas isse interesting stem. Sy issie bang om yt te staan of op haa eie te staanie. Sy issie bang om ienagge’ieman te offend ie. Inteendeel, kry mens die impression dee die gedigte dat sy 'n lang lys het van mense wat sy hoep offended sal wies.

  • Nathan Trantraal is ’n digter en rubriekskrywer van Makhanda.
Meer oor:  Veronique Jephtas  |  Gedigte  |  Digbundel  |  Resensie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.