Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
John Miles se wenroman voorgelees op RSG
Op ’n dag, ’n hond deur John Miles.

Die bekroonde roman Op ’n dag, ’n hond deur John Miles word van Donderdag af op RSG voorgelees.

Elke weeksdag kan luisteraars om 10:45 inskakel wanneer die akteur Louis van Niekerk dit voorlees. Kobus Burger is die regisseur.

Miles se agtste roman is onlangs met die UJ-prys vir kreatiewe skryfwerk bekroon. Dit word as ’n aangrypende roman beskryf en word, soos altyd, deur Miles se aweregse humor gekenmerk.

In ’n klein tuinwoonstelletjie sit en luister ’n oudonderwyser een stormagtige aand na ’n vrou wat met heimwee sing van ’n rivier in ’n ander land, van die verlies van ’n vaderland en van ’n koesterende wêreld. Min weet hy wat wag op hom die volgende dag . . . Dat die verlede ’n manier het om jou spoor te volg en jou te dwing terug na waar alles begin het.

John Miles Foto: Robbie Schneider

Die boek is ’n besinning oor die vervlietendheid van die menslike bestaan en weerspieël uiteindelik ’n merkwaardige insig in die mens se lot.

Die digter Johan Myburg beskryf Miles as ’n knap storieverteller en loof hom veral vir sy poëtiese ingesteldheid.

Louise Viljoen skryf in haar resensie oor Op ’n dag, ’n hond dat dit ’n lieflike, sinryke roman is wat die groot vraagstukke van die lewe met ’n veerligte aanslag hanteer.

Miles is ’n digter, kortverhaalskrywer en romansier en was ook een van die stigterslede van Taurus-uitgewers. Hy het in 1992 die CNA-, M-Net- en die Helgaard Steyn-prys vir sy roman Kroniek uit die doofpot ontvang.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.