Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Jongste ‘Ons Klyntji’ tref Oppikoppi
Die jongste Ons Klyntji se voorblad is deur Willem Samuel.

Die jongste uitgawe van Ons Klyntji sal sy eerste verskyning by die Oppikoppi-fees, van 9 tot 11 Augustus by Northam in Limpopo maak.

Dit is ’n stewige 144 bladsye, praat vier tale (Afrikaans, Engels, Xhosa en Noord-Sotho) en sluit verskeie genres van skeppende kuns in.

Daar is altesaam 117 bydraers – van Suid-Afrika, Australië, Nigerië, Zimbabwe, Tanzanië, VSA, Frankryk, Mali, Italië en Noorweë.

Digterstemme sluit in Danie Marais, Clinton V. du Plessis, Lynné Schoeman, Bibi Slippers, Marna van den Berg, Charika Swanepoel, Loftus Marais, Darlington Chukwunyere, Sello Huma, Frederick Botha en Carsten Rasch.

Daar is ook kortverhale deur Xolani Mahe, Rozanne Vos, Mercia Schoeman, Henali Kuit, Frederick Botha en Carsten Rasch.

Fotograwe soos Ian McNaught Davis, Wikus de Wet, Liam Lynch, Sean Metelerkamp, Godfrey C. Luyt, Albert Retief, Christopher Michael Baker en Salim Muba lewer ’n bydrae en daar is kuns deur onder andere Cath Theron, New Surreal Comics, Al Krok, Dolf Nel, Opal Goldring, Francois van Rooyen, dandydella en Penda Diakité.

Ons Klyntji sal van 15 Augustus te koop wees by Protea-boekwinkels, Love Books (Johannesburg), The Book Lounge (Kaapstad) en Clarke’s Bookshop (Kaapstad).

Op 15 September word dit by die Tuin van Digters in die Breytenbach-sentrum, Wellington bekend gestel.

Vanjaar word Ons Klyntji geldelik ondersteun deur Oppikoppi, die US Woordfees, Protea-boekhandel en Tuin van Digters.

Die redakteurs is Alice Inggs, Erns Grundling en Toast Coetzer.

Meer oor:  Oppikoppi  |  Erns Grundling  |  Toast Coetzer  |  Letterkunde  |  Poësie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.