Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Jongste wenner nóg van die Internasionale Bookerprys

Die Nederlandse skrywer Marieke Lucas Rijneveld (29) het Woensdag die jongste skrywer geword om die Internasionale Bookerprys vir vertaalde fiksie te wen.

Sy het dit met haar debuutroman, The Discomfort of Evening, losgeslaan.

Marieke Lucas Rijneveld

Dié prys beloon die beste vertaalde fiksie en die prys van £50 000 word tussen die skrywer en vertaler gedeel.

Sy is ook die tweede jongste skrywer om die Bookerprys te wen. Eleanor Catton het in 2013 op 28 dié prys met haar boek The Luminaries gewen.

‘The Discomfort of Evening’ deur Marieke Lucas Rijneveld

The Discomfort of Evening is deur Michele Hutchison in Engels vertaal.

Dit handel oor Jas, ’n meisie uit ’n toegewyde Christelike familie, wie se broer in ’n ongeluk sterf nadat sy gewens het hy moet sterf eerder as haar haas.

Haar familie, wat in rou gedompel is, val uitmekaar terwyl sy by gevaarlike fantasieë betrokke raak.

Rijneveld het, soos Jas, in ’n godsdienstige gemeenskap in Nederland grootgeword en sy het ook ’n broer aan die dood afgestaan.

Rijneveld werk deesdae op ’n suiwelplaas.

Met haar ontvangs van die prys het sy gesê: “Ek is kan net sê ek is so trots soos ’n koei met sewe uiers.”

Sy noem die prys ’n “groot eer”.

Sy het die woorde “be relentless” op haar muur geskryf terwyl sy die roman geskryf het.

“Vandag, terwyl die wêreld onderstebo is en sy donker kant wys, onthou ek daardie woorde. So, skryf, lees, wen, verloor, wees lief vir mekaar en wees onverbiddelik (relentless) daarin.”

Die boek is in 2018 in Nederlands uitgereik.

Ted Hodgkinson, voorsitter van die Internasionale Bookerpryspaneel, sê dit was ’n geweldige taak om ’n wenner aan te wys uit ’n “uitstaande” ses stuks kortlys.

“Maar die beoordelaars het eenparig Rijneveld se roman waardeer.”

Die paneel het 124 boeke beoordeel wat uit 30 tale vertaal is.

Meer oor:  Nederland  |  Boeke  |  Skrywers  |  Letterkunde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.