Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Jou luisterboek vir Februarie is ...

Netwerk24-intekenare kan in Februarie na die bekroonde misdaadskrywer Irma Venter se vierde boek uit die bekende S-boekreeks luister. Skarlaken is Netwerk24 se luisterboek vir Februarie.

Sarah en Jaap is albei aweregse karakters en is
Sarah en Jaap is albei aweregse karakters en is teenpole van mekaar. In 'Skarlaken' snoer hulle kragte saam om ’n raaiselagtige reeks moorde op te los.

Waaroor gaan die boek?

In die vierde boek in Venter se misdaadreeks is Jaap Reyneke en Sarah Fourie aan die woord en Ranna en Alex het in die agtergrond verdwyn, vir eers. Die roman begin op 'n hoë noot met 'n skouspelagtige moordtoneel wat onmiddellik aan landskapkuns herinner: 'n voornemende bruid grotesk gerangskik, in haar trourok op 'n fiets, met vliegbril en rooi lap, omgeval in 'n bevrore pan. Jaap Reyneke, afgetrede polisieman, het 'n laaste kans om die raaisel om die dood van sy peetdogter, Janien Steyn, op te los. Sy enigste hoop is Sarah Fourie, 'n rekenaargenie met 'n misdaadrekord en min of geen sosiale vaardighede nie. Janien Steyn was op die oog af ’n suksesvolle kunstenaar met 'n slag vir besigheid en op die punt om met haar universiteitsliefde te trou. Maar waarom het sy dan haar rekenaar se geheue voor haar dood skoongevee?

Meer oor die skrywer

Irma Venter
Irma Venter

Irma Venter is 'n bekroonde joernalis in Johannesburg. Haar romans, die sogenaamde S-boeke, sluit Skoenlapper (2012, wenner van die ATKV-prys vir spanningsromans), Skrapnel (2013), Sondebok (2014), Skarlaken (2015), Sirkus (2017), Sondag (2018) en Sewe­-en-­veertig (2019) in. Sy is die eerste Suid­-Afrikaanse skrywer wat internasionaal deur Amazon Crossing uitgegee word.

Vinnig spring om Ek wens, Ek wens klaar te luister

Intekenare kan nog tot 31 Januarie na Zirk van den Berg se Ek wens, Ek wens, luister voordat dit in Februarie met Irma Venter se Skarlaken vervang word.

Klik hier om Ek wens, Ek wens te luister

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.