Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Jou volgende luisterboek is. . .

Intekenare kan van Maart op Netwerk24 na die opwindende en veelbekroonde debuut van Lodewyk G. du Plessis luister. Die dao van Daan van der Walt is Netwerk24 se jongste luisterboek en intekenare kan tot 30 April die voorlesing deur Chris van Niekerk op Netwerk24 geniet.

Waaroor gaan die boek?

'Die dao van Daan van der Walt' is ons jongste lui
'Die dao van Daan van der Walt' is ons jongste luisterboek!

In Die dao van Daan van der Walt word die Afrikanerdilemma in die moderne lewe met ’n fyn lem oopgevlek. Boonop is dié meesterlike roman die eerste debuut in die Afrikaanse literêre geskiedenis wat met ses literêre pryse bekroon is.

Toe Daan van der Walt, 'n eerstydse Kalahari-boer, 'n vertigo-aanval kry, laai sy vervreemde seun hom by 'n monnikeklooster in China af. Onder leiding van Meester Yang moet Daan tai chi doen in 'n poging om sy balans te herstel. Maar daar is ook iets anders wat aan Daan vreet, iets wat hy van sy hart móét afkry voor hy sy weg na die hiernamaals kan vind. Dalk is dit tyd dat hy aan Magrieta, sy oorlede vrou, skryf en sê dat hy haar liefgehad het.

“Hierdie boek behoort ’n golf deur Afrikaanse letterkunde te stoot.” – Frederik de Jager

Meer oor die skrywer

Lodewyk G. du Plessis
Lodewyk G. du Plessis

Lodewyk G. du Plessis is oudregter Andries Buys (1938) se skuilnaam. Sy debuut, Die dao van Daan van der Walt, is bekroon met ’n ongeëwenaarde aantal literêre pryse vir ’n debuutroman. Die dao van Daan van der Walt is die wenner van die UJ-debuutprys, die Eugène Marais-prys, die W.A. Hofmeyr-prys, die ATKV-prosaprys, die kykNET-Rapportprys vir fiksie, asook die Helgaard Steyn-prys.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.