Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Jou luisterboek vir November is...

Intekenare kan in November op Netwerk24 na Jeremy Vearey se outobiografie luister. Jeremy vannie Elsies is Netwerk24 se luisterboek van die maand. Intekenare kan tot 30 November na die voorlesing daarvan op Netwerk24 luister.

Jeremy Vearey

Waaroor gaan die boek?

Van laaitie tot politieke kryger, bandiet tot polisiehoof, spioen tot presidensiële lyfwag. Van kleintyd af in Elsies met die ooms wat domino speel en die lyk op die veld het Jeremy Vearey se lewe onvoorspelbare wendings geneem. In ’n eiesoortige Afrikaans skryf hy oor geheime leeskringe, die kerkjeug en die (Afrikaanse)

Kommunistemanifes, sy werk vir MK, en sy tyd op Robbeneiland. In Pollsmoor kook hy onwettige bully beef. (Die resep is ingesluit.)

Toe hulle onverwags vrygelaat word, stap hy saam met Tokyo Sexwale van die hawe af. As Mandela se lyfwag help hy ’n AWB-opstand ontlont, voordat hy saam met die gewese “vyand” deel van die SAPD word. In naelbytoperasies takel hulle Kaapse bendes.

“Dié boek sal jou ontroer, laat lag, laat kopskud en laat nadink, maar bowenal sal dit jou elke nou en dan laat vergeet om asem te haal. ’n Outobiografie wat in die rillerafdeling hoort.” – Nathan Trantraal

“Ontstellend goed. Ek kon dit nie neersit nie; ’n bondel dinamiet.” – Riaan de Villiers

Jeremy Vearey
Jeremy Vearey. Foto: Edrea du Toit

Meer oor die skrywer

Jeremy Vearey is trots daarop dat hy “Jeremy vannie Elsies” is, ’n Vearey van Tiervlei. Hy het grootgeword tussen sy familie en die res van Elsiesrivier se mense en het hier sy politieke ontwaking gehad.

Hier het hy deel geword van MK, en van hier is hy vir sy verset teen die regering na Robbeneiland gestuur.

Vinnig spring om Fiela se kind klaar te luister!

Intekenare kan tot 31 Oktober na Dalene Matthee se Fiela se kind luister op Netwerk24, voor dit op 1 November deur Jeremy vannie Elsies vervang word.

Klik hier om Fiela se kind te luister.

Meer oor:  Luisterboeke  |  Nw24luisterboeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.