Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Joubert, Albertyn-du Toit wen letterkundepryse

Die digter Marlise Joubert en die skrywer Lize Albertyn-du Toit het Saterdag elkeen ’n Suid-Afrikaanse Letterkundeprys (Sala) gekry.

Dié pryse is op Internasionale Afrikaskrywersdag vir die 15de keer toegeken.

Marlise Joubert

Joubert het die Afrikaanse poësieprys vir haar bundel Grondwater gekry, wat verlede jaar deur Protea uitgereik is.

Die bundel skets die digter/spreker se terugblik op haar lewe en die besef van haar eie verganklikheid.

Sy het onlangs ook ’n ATKV-Woordveertjie met dié bundel losgeslaan.

Haar debuutbundel, ’n Boot in die woestyn, het vanjaar 50 jaar gelede verskyn.

Albertyn-du Toit het die Afrikaanse debuutprys vir haar roman Die kinders van Spookwerwe gekry.

Lize Albertyn-du Toit

Dit beskryf verlies, ’n gesin en die plaasbestaan.

Die Suid-Afrikaans gebore komediant Trevor Noah, wat sedert 2015 The Daily Show in die VSA aanbied, het die jeugliteratuurprys gewen met die kinderverwerking van sy biografie, Born a Crime and Other Stories.

Sy outobiografie is in 2016 deur Spiegel & Grau uitgereik. Die kinderverwerking het verlede jaar verskyn.

Noah het ook onlangs op die 20ste Suid-Afrikaanse Boekpryse (SA Book Awards) ’n prys met dié boek gewen.

Die k. Sello Duiker-gedenkprys is gewen deur Phumlani Pikoli met Born-Free Loaders en Fred Khumalo het met Talk of the Town die Nadine Gordimer-kortverhaalprys gewen.

Makhokolotso Albertina Mokhomo het postuum ’n literêre verering gekry.

Die volle lys van wenners is:

Prys vir kinderliteratuur

Niki Daly met It’s Jamela!

Jeugliteratuurprys

Trevor Noah met Born a Crime and Other Stories (kinderverwerking)

Trevor Noah Foto: Estelle Sinkins

Debuutprys

Lize Albertyn-du Toit met Die kinders van Spookwerwe (Afrikaans)

Trevor Sacks met Lucky Packet (Engels)

Poësieprys

Marlise Joubert met Grondwater (Afrikaans)

Musawenkosi Khanyile met All the Places (Engels)

Niefiksieprys

Toni Strasburg met Holding the Fort: A Family Torn Apart

Romanprys

Fiona Snyckers met Lacuna

k. Sello Duiker-gedenkprys

Phumlani Pikoli met Born-Free Loaders

Nadine Gordimer-kortverhaalprys

Fred Khumalo met Talk of the Town

Literêre joernalistiekprys

Bongani Mavuso

Skeppende niefiksieprys

Toni Strasburg met Holdig the Fort

Vertaalprys

Refiloe Moahloli met Yheke Yanga! Umdlali ka3 Toti uba yintshatsheli yeqakamba

Sala-voorsitterprys

Recius Melato Malope

Eerbewys vir lewenslange bydrae

Dr. Gubudla Aaron Malindzisa

Meer oor:  Trevor Noah  |  Boeke  |  Skrywers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.