
Carla van der Spuy Foto: Verskaf
Kyk Tafelberg (’n druknaam van NB-Uitgewers) en Netwerk24 se aanlyn gesprek met Carla van der Spuy oor Gangster: Ware verhale van albei kante van die strydlyn.
Jonathan Amid sal met Carla van der Spuy oor hierdie dringende en tydige boek gesels.
In Gangster gesels die bekroonde skrywer Carla van der Spuy met geharde én gerehabiliteerde gangsters, ’n lady gangster, ’n ma wie se kind koelbloedig vermoor is, tronkbewaarders, polisie-beamptes, en pastore wat probeer help. So hoor ons van die nommers, die Franse, die vierde kamp, Sabela en die Airforce (want hulle kan oor tronkmure “vlieg”).
Gangster wys in mense se eie woorde hoekom gangs steeds groei, wat dit is wat kinders so jonk as 12 na gangs lok, en hoe sommiges tog daarin slaag om te ontsnap. Want mense se lewe kán omkeer, en Gangster is ook vol stories van hoop.
Gangster deur Carla van der Spuy (Tafelberg, 2021) kan by goeie boekwinkels en aanlyn winkels bestel word.