Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Kaaps-debuut systap genre en gender

Olivia M. Coetzee se roman ‘Innie shadows’ fokus op ’n groep vriende van die Shadows, ’n arm woonbuurt op die Kaapse Vlakte, en al is dié debuut nie foutloos nie, meen Nathan Trantraal sy doen interessante, nuwe goed wat genre- én gendertrope óf op hulle kop draai óf systap.

Olivia M. Coetzee het ’n meestersgraad aan die Universiteit van Kaapstad behaal, skryf vir LitNet en vertaal die Bybel in Kaaps. Met haar debuutroman hoop sy om ander Kaapssprekendes aan te moedig om in hulle taal te skryf.

Innie Shadows deur Olivia M. Coetzee. Uitgewer: Modjaji Books. Prys: R220.

Olivia M. Coetzee se debut novel isse understated affair wat crime genre tropes een vi een either op hulle koppe drai of heeltemal sidestep. Hie is g’n Jake Steele, ’n private dick mette soft spot vi hot blondes with a sketchy past ie. Hie is in fact nie een hot blonde in sight vi miles ie.

Wat ôs kry, isse group misfits, lifelong vriende wie anne fractured bond vaskleef asof hulle liewens daavan afhang. Die vie vriende is Nique, Carl, Gershwin en Sara. Nique isse transgender vrou ennie glue wat haa vriende nog connect. Carl isse tikkop wie ’n diep pyn met hom ronddra. Gershwin het ’n arrangement mette getroude man. En Sara sien vi haaself ’n liewe byte die Shadows, ’n arm Cape Flats neighbourhood.

Innie Shadows bevat net genoeg murder mystery om te qualify asse crime novel. Dit issie ’n criticism ie, eintlik issit hie waa it interesting raak. Innie Shadows het ooreenkomste met Donna Tartt se The Little Friend (2002) en The Secret History (1992) innie sin dat it crime novels is wat driven is dee karakters baie meer as plot.

Coetzee is ek sieke gan nog baie boeke skryf.

It mag wies dat Carl either vemis of vemoor is. Niemand kan met siekerheid beslyt of hulle bekommerd oo hom moet wiessie, totdat ’n lyk discover wôd wat soe badly vebrand is dat die polisie sukkel ommit te identifiseer.

Die storie begin met Nique wat ’n visit van haa niggie Ley kry. Ley isse detective en sy hette paa vrae oo Nique se vriend Carl. Nique is convinced die riede hoekom Carl skaars is, is omdat hy haa phone gesteel et, maa tog voel iets ie reg vi haa nie en sy begin rondvra na Carl.

Is swaa om meer oorie plot te sê sône om die storie weg te gie, maa die veskillende pieces is in elk geval nie swaa om bymekaa te sittie. Coetzee se boek pas ie rêrag innie whodunnit-tradisie nie. Wanne Carl byvoobeeld saam Draakie, ’n fellow tikkop, deerie bos stap, supposedly om scrêps te gan vekoep, het ek in my kop gehoor dai coloured anties wat TV kyk en narie TV skrie: “Nuu outjie moetie saam hom gannie, hy isse vark, hy gan jou verraai, die vark!” (Dais a thing wat coloured anties doen, by the way, moet nooit met hulle TV kykie.) Jy sien hoe goed gan ytspeel voorit gebee, daa issie rêrag twists om van te praatie.

Die regte tension in Innie Shadows lê daa in om te wonne offie karakters in tyd gan kan ytwêk wat angan. En om yt te wêk of die vebrande lyk Carl sin is. En hoe meer Coetzee ôs inlaat oppie karakters se inner wêrelde, soe meer gie ôs om oo hulle, soe meer bou die tension.

It voel belangrik en tog kras om te noem dat LGBTQ-temas ’n groot deel van die storie ytmaak. Kras in dieselfde manier waa op daa seemingly altyd daana vewys moet wôd asse storie in Kaaps geskryf is (Innie Shadows is in Kaaps geskryf). Maa, belangrik omdat daa nog altyd te min van beide innie literatuur bestaan. Daa sal hoepelik ’n tyd kom wat altwie soe algemeen wôd dat it ie worth mentioning issie.

Nique asse karakter deserve special attention virrie manier wat Coetzee die karakter bou. Nique isse stêk coloured vrou met haa eie contradictions. Sy staan haa vriende by, selfs na een van hulle haa besteel. Sy hette diep eerlikheid en sensitiweit annie core van haa en gie sincerely om oo annes. Oppie selfde tyd is sy nog onne oudedom wanne sy ’n vehouding begin met Balla, ’n getroude man. Balla own ’n shebeen, en is die Shadows se grootste gangster. Coetzee probee nooit om Nique se decisions te regvêdig ie, ennit maak it net bieter. Sy lat ie karakter toe omme mens te wies, sône om die lieser heeltyd te remind dat ôs met Nique moet side. Coetzee bewys met Nique dat ’n karakter stêk en admirable kan wies, sône om perfek te wies.

Rose is nogge karakter wie ek gedink et is well drawn – met haa subvert Coetzee die image van die long-suffering kind­hearted coloured ma. Ek het gevoel though asof die skrywer die karakter klein bietjie betray en beroof van haa complexity dee haa vitriol tien Gershwin wie sy as sexually deviant sien, yteindelik te gebryk asse plot device.

Innie Shadows issie ’n perfekte boek ie, maa die boek se shortcomings kom ie naby annie literary atrocities wat daagliks gepleeg wôd, ve’al dee genreskrywers ie. Daa is irritating plot holes hie en daa wat ek dink ’n bieter editor sal kan opgetel et. Daa isse moord wat opgecover wôd asse suicide, ’n klein bietjie re­search sou jou sê dat daa ’n autopsy sou wies, en dat ienagge coroner sou kon sien dat die victim gestrangle was in plaas van hulself opgehang et. Nogge annoying oversight wasse suicide note wat in Kaaps geskryf was waa die karakter Coetzee se spelreëls volg. It is frustrating omdat dit soe onnodig voel.

Waa genreskrywers gewoonlik vekeed gan is dat hulle virrie sake van twists hulle karakters skryf in hoeke wat hulle nie wiet hoe om die karakters wee yt te kry nie. En dis hoekom daa ’n chapter is waa, sê maa wee Jack Steele vi tien jaa saam ’n circus travel waa ’n Russian strongman hom gelee it hoe omme bullet tussen sy oë te vang. En soe vedydelik die skrywer hoe Jack nie doodgegan et toe hulle hom op bladsy drie innie kop geskiet et ie.

Coetzee se storie is soe eenvoudig, goed ytgedink en based in reality dat it niks convoluted need ie, dis hoekom it jarring is as sy off-course gan. Soes ek sê, dink ek baie daavan moet op die editors se skoues val. Daa is oek ’n streak van sentimentality wat soms opdyk in Carl se deel vannie storie, en ek het gevoel dat Sara ’n onnodige karakter is wie daa is net ommie lieser te remind dat alle coloureds nie ‘soe’ issie. Vi my kort die boek een chapter, die einde voel rushed en half-baked asof die skrywer yt steam ge-run et.

As jy veby die foute in Innie Shadows kyk, issit ’n boek wat baie interesting en niewe goed doen. Coetzee hette baie sharp oeg vi detail en description. En sy hette manier daavan om klein goed te onthou wat mens elke dag sien, maa vegiet as jy sit en skryf. ’n Karakter maak die kraan te wyd oep tewyl sy wate tap, ieman check hulle airtime voo hulle bel (mense in boeke het gewoonlik infinite amounts van airtime, net somtyds bad reception assit die storie pas). Nique kom by Gershwin se ma se hys ingestap en let op hoe al haa appliances al geel getrek et van oudheid.

Nique isse fantastic character wat ek meer oo sal wil lies, enne karakter soes Balla deserve om meer op ytgebrei te wôd.

Olivia M. Coetzee is ek sieke gan nog baie meer boeke skryf, maa ek hoep sy beweeg ie te gou an vannie Shadows ie.

  • Nathan Trantraal is ’n digter en rubriekskrywer van Makhanda. Sy derde bundel, Oolog, verskyn vandeesmaand by Kwela.
Meer oor:  Resensie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.