Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Kalmer wen Ronge-prys vir fiksie
Harry Kalmer Foto: Argief

Die Afrikaanse skrywer Harry Kalmer is Saterdagaand op die Sunday Times Literary Awards in Johannesburg met die Barry Ronge-prys vir fiksie bekroon.

Kalmer, wat dié gesogte prys met sy vertaalde roman A Thousand Tales of Johannesburg gewen het, het vroeër gesê hy was baie verras dat hy hoegenaamd die Sunday Times se kortlys gehaal het.

“Dit was ’n baie arbeidsintensiewe proses om (die boek) te vertaal en op een of twee plekke was dit onvertaalbaar – meer in tekstuur as in betekenis. Dis te verstane want die boek gaan immers oor Afrikaanssprekende gemeenskappe in Jozi,” sê Kalmer.

Hy het reeds vroeg in die skryfproses besef die boek moet vertaal word.

“Ek het dele voorgelees by die destydse boekehuis in Johannesburg se short story-dag-vierings saam met Engelse skrywers soos wyle van Chris van Wyk, James Whyle en Ivan Vladislavic.

“Baie mense het my gevra hoekom ek ’n boek oor Johannesburg in Afrikaans skryf – ook toe die boek gepubliseer is het ek baie navrae van jonger swart lesers gekry.

“Kontak met jonger Engelse skrywers soos Yewanda Omatoso, Perfect Hlongwane en Fred Khumalo het my die eerste keer laat besef watter wonderlike boeke in Suid-Afrika publiseer word.”

Kalmer het gesê tydgenote soos Whyle en Vladislavic het hom ook die hele tyd aangemoedig om die boek te doen.

“Ek is ook baie dankbaar vir Melt Myburgh (van Penguin Random House SA) wat gesê het hy wil die boek uitgee – en Fourie Botha en sy span wat dit verder gevat het.

“En dan is daar natuurlik die Joey Hi-Fi-cover . . .”

Besoek www.timeslive.co.za vir die volledige persverklaring.

Meer oor:  Letterkunde  |  Toekennings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.