Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Karin Brynard help slyp aan onse skrywers
Karin Brynard bied vanjaar die Bloemfontein-skrywersvereniging se slypskool aan. Foto: Jaco Marais

Of jy jou skryfvermoë wil toets en of jy hoop om geld met jou skryfwerk te verdien, die Bloemfontein-skrywersvereniging (BSV) se kompetisie is die antwoord.

Soos elke jaar sedert 1979 kan dié geleentheid ’n poort na ’n skrywersloopbaan wees, ongeag of jy nog op skool is, ’n volwassene met die drang om stories te vertel of selfs reeds een of twee dinge gepubliseer het.

’n Belangrike wortel voor die neus is die slypskool wat op 24 Augustus deur Karen Brynard in Bloemfontein aangebied word. In dié slypskool word kandidate gehelp om hul werk vir die kompetisie af te rond en kry hulle uiteraard waardevolle raad vir toekomstige skryfwerk.

Brynard is ’n bekroonde skrywer van onder meer Plaasmoord, Onse vaders en Tuisland, asook ’n humoristiese rubriekskrywer en voorheen ’n gerekende joernalis.

Die wedstryd is oop vir enigeen van laerskoolouderdom tot verby 100 jaar, vir Afrikaanssprekendes en nie-Afrikaanssprekendes en bied boonop prysgeld van altesame R18 000.

Velerlei genres maak die kompetisie wyd oop. Daar is kortverhale, kort-kortverhale, essays, sketse, vertellings en gedigte.

Die weninskrywings in ál die kategorieë word in die BSV se publikasie Inkvars gebundel. As jou werk meriete het, maar nie die kommersiële mark haal nie, kan jy ten minste met die publikasie spog.

Hier is enkele onderwerpe as lusmaker: Laerskoolleerlinge kan onder meer skryf oor “Ode aan ’n perd of hond” of “Hommeltuig tot die redding!”, terwyl hoërskoolleerlinge se keuse “ ’n Robot met ’n gewete”, “Die pizza-afleweraar” en “Vlug!” insluit. In die ope afdelings is van die opsies “Skuld”, “ ’n Bitter pil”, “Sonder selfoonopvangs”, “Op ’n parkbankie” en “Droogte”. Digters het die voorreg om ’n werk van hul keuse in te skryf of hulle kan skryf oor “As jy eerste moet gaan” of “Liefde, Ma”.

Die kompetisie word deur die geestes­wetenskapfakulteit van die Univer­siteit van die Vrystaat moontlik gemaak, asook die Stichting tot Bevordering van Culturele Betrekkingen Nederland Zuid-Afrika en die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (Naln).

Om seker te maak al die voorskrifte vir deelname word nagekom, is dit noodsaaklik om die webwerf http://bloemsv.word­press.com te besoek. Die inskrywingsvorm word ook daar gevind. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 14 Mei.

Meer oor:  Skryfskool  |  Bloemfontein  |  Karin Brynard
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.