Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Kinderboek vol grappe, alliterasie en lewenslesse

Die pragtig geïllustreerde kinderboek Die skandalige susters Smit is soos ’n kruising tussen Heidi se juffrou Rottenmeier, Matilda van Roald Dahl en die Aspoestertjie-sprokie. Dis geen grap nie, tog is daar baie om oor te lag en êrens tussen al die geharwar van die nare mense is ’n lewensles verskuil.

Eers het Adeline Radloff Die boosaardige broers Botha geskryf en nou het Sara Sloot-Smit en die drie aaklige susters hul opwagting gemaak.

Sara woon in ’n weelderige huis in ’n welvarende buurt, gaan na ’n spogskool en het ouers wat baie belangrike werk doen. Maar hulle het min tyd vir hul dogter.

Toe hulle aankondig dat hulle ’n maand lank oorsee gaan, is dit vanselfsprekend dat Sara nie saamgaan nie. Sy moet by haar drie tannies, haar pa se susters, in die stad bly. Almal ken dié feeks, flerrie en rissiepit; geen ander tannies was nog ooit so goor nie!

Die Kaapstadse skrywer Adeline Radloff.

Suzie giggel, maak grappies en is alles behalwe waardig. Silvie het kort-kort ’n nuwe kêrel of twee en Sofia is suksesvol, maar kwaai en gemeen en veels te luidrugtig. Sal Sara ooit die vakansie oorleef?

Radloff sê dit is haar liefde vir die Afrikaanse klanke en veral die lekkerte van Afrikaanse alliterasie wat haar die idee gegee het om ’n reeks kinderboeke in Afrikaans te skryf wat nie te ernstig is nie, maar tog sosiale probleme soos boeliegedrag hanteer.

Dit het egter lank geneem voordat die skrywer haar nering gevind het. In haar jeugjare het sy deur meer as 25 lande gereis en onder meer gewerk as ’n rolprent-operateur, skoonheidskundige, regshulp-assistent, kroegmeisie, vryskutjoernalis, kelner, barista en onderwyser. Later het sy ’n regsgraad en ’n MA in Engelse letterkunde verwerf. Virhaar boeke Sidekick en Chain Reaction is sy met twee Sanlam-pryse vir jeuglektuur bekroon.

Alex van Houwelingen, ’n grafiese kunstenaar van Pretoria, illustreer haar boeke.

Die uitgewer is Tafelberg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.