Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Kom spreek saam boekdele by KKNK
Koelsoem Kamalie, Gaireyah Fredericks en Flori Schrikker. Foto: marlene malan

Van die Grensoorlog tot misdaadskrywers wat die kruin van die golf ry is van die uiteenlopende boekgesprekke wat vanjaar by die KKNK se ATKV-Boeke-Oase plaasvind. Die program is saamgestel deur die digter en vertaler Daniel Hugo.

Willem Steenkamp, skrywer van die ikoniese Suid-Afrika se Grensoorlog, is om 11:00 op 8 April in gesprek met Hugo. Om 14:00 kom Kaapse kookkuns in die kollig met die nou al ikoniese Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker. Hulle praat met Mar­lene Malan oor hul gewilde kosboeke, Kook saam Kaaps en Soettand, en hul lewe as glanssjefs.

Op 9 April om 11:00 kom joernaliste wie se ervarings tot boeke lei op die verhoog: Heindrich Wyngaard gesels oor A Home for Zephany en Carla van der Spuy praat oor die verhaal van Amor van der Westhuyzen, dogter van Joey Haarhoff (Mishandel, misbruik, misken). Later die dag, om 14:00, gesels Tertius Kapp met die skrywers Deon Meyer en Chanette Paul.

Die reisjoernaliste Erns Grundling (skrywer van die boek Elders) en Dana Snyman (Op pad) is op 10 April om 11:00 in gesprek met Hugo oor hul ervaring as skrywers wat dikwels op pad is. Die digters Shirmoney Rhode (Nomme 20 Delphi­straat) en Gaireyah Fredericks (Kaaps is Hollands) kom om 14:00 aan die beurt.

Lina Spies, bekroonde digter, gesels op 11 April om 11:00 met Hugo oor onder meer haar jongste bundel, Sulamiet. Om 14:00 probeer Tertius Kapp, dramaturg en uitgewer, Nicol Stassen, uitvoerende hoof van Protea Boekhuis, en die ervare en bekroonde regisseur Marthinus Basson die kwelvraag “Waarom word so min dramatekste gepubliseer?” beantwoord.

Die skrywers van twee Anglo-Boereoorlogbiografieë wat verlede jaar diep spore getrap het, Carel van der Merwe (Eugène Marais) en Elsabé Brits (Emily Hobhouse) praat op 12 April om 11:00 met Hugo oor hul omvattende navorsing en deurbrake. Later dié dag, om 14:00, word twee gevierde Ladismithers vereer. Abraham de Vries en Peter Veldsman is in gesprek met Wium van Zyl.

Die bekende taalaktivis en internasionaal bekende historikus Hermann Giliomee is op 13 April om 11:00 in gesprek met Hugo oor sy outobiografie Historikus. Om 14:00 die dag praat Deon Maas, skrywer van Melk die heilige koeie, oor menings en selfspot met Marianne Thamm.

Ena Jansen, redakteur van Die Boere-oorlogdagboek van Anna Barry, praat op 14 April om 11:00 met Giliomee oor die ­boek. Wyngaard praat om 14:00 met die joernalis Thamm oor haar veelbesproke Hitler, Verwoerd, Mandela and Me.

Jansen, wat die omvattende Soos familie geskryf het, praat op 15 April om 11:00 oor stedelike huiswerkers in Suid-Afrikaanse tekste met Hannes Visser. Om 14:00 die dag gee Eben Venter, skrywer van onder meer Horrelpoot en Wolf, wolf, sy blik op Suid-Afrika van binne en buite.

  • Al die gesprekke duur 60 minute en ­bywoning is gratis.
Meer oor:  Daniel Hugo  |  Atkv
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.