Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Koop hier boeke ten bate van donkies
David Kramer by van die eseltjies wat by Eseltjiesrus op McGregor ’n tuiste gevind het.

Boekwurms kan nader staan vir die 12de jaarlikse Boekefees in McGregor. Of jy nou na kookboeke, reisverhale, kinderboeke, digbundels of ’n kleinood soek, jy behoort dit tussen die duisende nuwe en kraakvars tweedehandse boeke te vind. Nuwe voorraad word elke dag uitgepak.

Meer as 15 000 boeke van ’n groot verskeidenheid onderwerpe word teen winskooppryse aangebied. Elke boek wat verkoop word, is ten bate van die versorging en rehabilitasie van donkies wat uit haglike toestande verwyder word en by die Eseltjiesrus-skuiling vir donkies gehuisves word.

Eseltjiesrus is ’n permanente tuiste net buite McGregor vir ou, verwaarloosde en mishandelde donkies, waar hulle rustig die res van hul lewens kan deurbring.

Eseltjiesrus het ook ’n bron van inligting geword en hanteer daagliks navrae oor die hele land heen oor goeie versorging. Die meeste probleme ontstaan as gevolg van onkunde of die wangeloof dat donkies nie gereelde hantering en versorging nodig het nie.

’n Eseltjie wat ’n tuiste gevind het by Eseltjiesrus op McGregor.

Die sukses van hierdie jaar se Boekefees in McGregor gaan dus weer ’n onontbeerlike rol speel in die komende jaar se werksaamhede by Eseltjiesrus. Die gemeenskap baat ook op verskeie maniere – werk word geskep en boeke word geskenk aan skole en biblioteke in die groter Langeberg-gebied. Dié jaar is daar ook ’n storievertel- en leesteater vir kinders, waar vrywilligers stories by die teater en die Boekefees gaan vertel. Die boeke word dan aan die Breede-vaardigheidsentrum geskenk. Die projek wil ’n kultuur van lees by kinders kweek.

Daar is stapels Afrikaanse boeke, rare boeke en spesiale geskenke vir ’n ieder en elk. Trakteer jouself en kom kuier die naweek van 18-20 Mei in McGregor en vul jou voorraad lekker leesstof aan vir die winter wat voorlê.

Vir meer inligting bel 023 625 1593, stuur ’n e-pos aan bookfair@donkeysanctuary.co.za of besoek die amptelike webtuiste www.donkeysanctuary.co.za.

Meer oor:  Mcgregor  |  Liefdadigheid  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.