Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Kopskote
Kopskote met Ilse van Staden

Ilse van Staden is in 1972 in Pretoria gebore en het grootgeword in die Waterberge in Limpopo. Sy matrikuleer aan die Hoërskool Pro Arte en studeer veeartsenykunde aan die Universiteit van Pretoria. Haar debuutdigbundel, Watervlerk, (2003) ontvang die Eugène ­Marais- en Ingrid Jonker-prys. Sy skryf poësie, kortverhale, blogs en romans (Engels en Afrikaans), en, sê sy, inkopielysies. Sy praktiseer vir 18 jaar as veearts, die laaste jaar hiervan in Queensland, Australië, waar sy sedert 2012 woon. Haar debuutroman in Afrikaans, Goeie dood wat saggies byt, het pas by Protea verskyn.

Ilse van Staden

Hoekom skryf jy?

Dis bloot kreatiewe imperatief. Iemand anders versier koeke of maak beelde; ek skryf.

Vir wie skryf jy?

Gewoonlik het ek nie ’n spesifieke teikenleser nie, maar vir hierdie boek wel. Ek het dit geskryf vir almal met ’n stereotipiese siening van veeartse as hoogs intelligente mense wat lief is vir diere, sonder ’n besef van die kompleksiteit van die beroep.

Waaroor gaan jou debuut?

Dit is die storie van Hilda, vanaf haar eerste jaar as veeartsstudent op Onderstepoort tot vyf of ses jaar nadat sy as veearts begin praktiseer het. Dit is nie ’n versameling ­James Herriot-tipe staaltjies nie, maar kyk onder andere na hoe Hilda beïnvloed word deur die verskillende aspekte van haar studie en werk, ook die dood in al sy manifestasies en implikasies.

Wie is jou literêre invloede?

So iets is waarskynlik makliker vir ’n buitestander om te beoordeel. Ek probeer nie doelbewus ander skrywers ­navolg nie; dit is gewoonlik erg onsuksesvol, al sou ek graag wou skryf soos Kathe­rine Mansfield, Ian McEwan en Ingrid Winterbach. (En Terry Pratchett!)

Wat gaan aan op jou bed­kassie?

Drie Bybels, ’n dagboek, ’n pen en notaboek (vir skielike idees of helder drome) en een of meer boeke vir die lees. Elders in die huis is ’n boekestoel met boeke wat wag – tans Margaret Atwood-kortverhale, Astray van Emma Donoghue en ’n baie dik The Fortunes of Richard Mahony van Henry Handel Robinson, ’n Australiese classic. Ek wag ook vir ’n pakkie digbundels uit Suid-Afrika!

Beskryf jou in een hutswoord?

#dokterblom

Ilse van Staden

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.