Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Kortlys van Sanlam-pryse vir jeuglektuur
Derick van der Walt
Derick van der Walt Foto: Lisa Skinner

Die kortlys van die Sanlam-toekennings vir jeuglektuur is onlangs aangekondig.

Sanlam en Tafelberg, ’n druknaam van NB-Uitgewers, het die finaliste bekend gemaak van dié kompetisie wat in volgende jaar 40 jaar oud is.

Die is kortlys bestaan uit skrywers wat in verskillende tale publiseer.

In Engels:

Jayne Bauling van Witrivier, Mpumalanga met Smoke Across the Sun

Jenny Hatton van Lynnwood Glen, Pretoria met Upstanding

Nerine Dorman van Welcome Glen, Simonstad met Sing Down the Stars

Sally Partridge van Durbanville, Kaapstad met The Whoevers

Shafinaaz Hassim van Polokwane met Nisa Qamar and the Legend of Qawthar

Toby Damon Bennett van Claremont, Kaapstad met The Music Box Blues.

Jeugboeke
Annerle Barnard

In Afrikaans:

Annerle Barnard van Bainsvlei, Bloemfontein met Sindikaat

Christina Venter van Louis Trichardt, Limpopo met E-pos vir Trui

Derick van der Walt van Villieria, Pretoria met Die Toring van Jasmyn

Frans Fourie van Strand met Neuk

Nerine Ahlers en Aletta Steenkamp van Lynnwood en Waterkloof, Pretoria met Ek is nog hier

Tertius Janse van Rensburg van Framesby, Port Elizabeth met Die Sindikaat.

Jeugboeke, Tafelberg
Sally Partridge

In Afrikatale:

Lungile Promise Zwane van Wasbank, KwaZulu-Natal met Umzabalazo (isiZulu)

Thembisile Kundlwana van Sebokeng, Vanderbijlpark met Tata Siyakuxolela (isiXhosa)

July Innocent Mtsweni van Lindo Park, Pretoria met Umfelasakhe (Ndebele)

Thabo Kheswa van Bophelong, Vanderbijlpark met Haeso ke kae! (Sesotho)

Mokhwatsi Reuben Maponya van Tzaneen met Makhwatšo (Noord-Sotho)

Othusitse Moses Lobelo van Delareyville, Noordwes met Mmatla kgomo kodumela (Setswana)

Mbedzi Nyelisani van Thohoyandou, Limpopo met U Kondelela (Tshivenda)

Musa Aubrey Baloyi van Soweto met Tinsimu To Pfumala Mpfumawulo (Xitsonga).

’n Goue en silwertoekenning sal in elke kategorie gemaak word en op ’n geleentheid in Oktober aangekondig word.

Die ses wenboeke sal op die geleentheid bekendgestel word, waarna skrywers plaaslike skole en feeste as deel van ’n bemarkingsveldtog sal besoek.

Die totale prysgeld beloop R90 000.

Die goue wenners ontvang R20 000 en die naaswenners R10 000.

Dié tweejaarlikse pryse is sedert die bestaansjaar in 1980 ’n waardevolle bron van plaaslike boeke vir jongmense. Deur die jare is veranderinge gemaak om te verseker dat die kompetisie toepaslik bly.

Die belangrikste verandering was om die inskrywings aan al 11 amptelike landstale van Suid-Afrika oop te stel sodat ’n groter aantal skrywers sowel as lesers by die kompetisie kan baat.

Die beoordeling word anoniem gedoen. Sodoende wedywer debuutskrywers op grondvlak met gevestigde skrywers. Die bekroonde skrywers maak dikwels die oorgang om later suksesvol in ander genres gepubliseer te word. Met enkele uitsonderings word van die wenboeke gereeld in skole voorgeskryf en sommige is al tot rolprente verwerk.

Meer oor:  Tafelberg  |  Sanlam  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.