Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Kortlyste: kykNET-Rapport-Boekresensent van die jaar

Nadat die kortlyste vir die pryse in die kykNET-Rapport-Boekresensent van die jaar-kompetisie Woensdag bekend gemaak is, het die sameroeper, Bibi Slippers, gesê dit is ’n kopseer om die wenners aan te wys.

Dit is glo veral omdat die algehele gehalte van die inskrywings in die niefiksie-kategorie merkbaar beter as in vorige jare is.

Willie Burger

Dié pryse gee erkenning aan uitnemende Afrikaanse resensies wat in 2019 verskyn het. Drie pryse word toegeken: Afrikaanse resensies oor Afrikaanse fiksie en niefiksie onderskeidelik, sowel as langer, tipies akademiese resensies.

“In beide die fiksie- en niefiksie-kategorieë is daar meer uitskieter-resensies as waarvoor ons op die kortlys kon plek maak. Daar is vanjaar nuwe resensente wat ons met hul sterk inskrywings verras het en verskeie gereelde resensente van wie meer as een inskrywing ’n aanspraakmaker op die prys was.”

Die wenners word op 19 September aanlyn saam met die wenners van die kykNET-Rapport Boekpryse aangekondig. Die skakel na die aankondiging sal op kykNET en Rapportse Facebook-blaaie beskikbaar wees.

Sonja Loots

Dié jaarlikse pryse is ingestel om die belange van boeke en die leesgenot van boekliefhebbers te bevorder deur die wêreld van Afrikaanse boeke toeganklik te maak. Dit dien ook as aanmoediging om hoë standaarde in die Afrikaanse boekjoernalistiek te handhaaf.

Vanjaar se keurders was Slippers, ook boekjoernalis en digter; Jomarié Botha, joernalis en skrywer; en die regisseur, skrywer en joernalis Mercy Kannemeyer.

Die kortlyste is in alfabetiese volgorde soos volg:

Fiksie:

• Jonathan Amid: ‘Klikbek’ verryk ons krimikorpus (oor Klikbek deur Sidney Gilroy, Rapport Weekliks, 29 September 2019)

• Willie Burger: "Kies 'n boek" (oor Die troebel tyd deur Ingrid Winterbach, Vrouekeur, 1 Februarie 2019)

• Nadine Petrick: Zola (oor Zola deur Johan Jack Smith, LitNet, 24 Oktober 2019)

• Marita van der Vyver: Benderoman is briljant (oor Lang pad onnetoe deur Nathan Trantraal en Jason Reynolds, Rapport Weekliks, 20 Januarie 2019)

Die aantal en gehalte van fiksie-inskrywings het aan vier resensente ’n plek op die fiksie-kortlys besorg.

Jean Meiring

Niefiksie:

• Sonja Loots: WAT sonder dié woorde maak mens soema vies (oor Woordeboek van die Afrikaanse taal Deel XV, Rapport Weekliks, 5 Julie 2019)

• Jean Meiring: Dit wat André Brink dryf (oor André P. Brink en Die spel van die liefde deur Leon de Kock, Rapport Weekliks, 19 Mei 2019)

• Bill Nasson: Moet ons die ABO nou liefs vir die romansiers los? (oor Rebel: Die lewe van kommandant Hans Lotter deur Chris Schoeman, Rapport Weekliks, 8 Desember 2019)

Langer resensies:

• Izak de Vries: LitNet Akademies-resensie-essay oor 1 Recce, die nag behoort aan ons deur Alexander Strachan, LitNet, 10 Januarie 2019

• Karen de Wet: LitNet-resensie oor Jan, Piet, Koos & Jakob deur Loftus Marais, LitNet, 15 Julie 2019

• Hein Willemse: LitNet Akademies-resensie-essay oor Verset en opbou deur JC Steyn – ’n Subteks van ’n Afrikaanse taalgeskiedenis, LitNet, 31 Oktober 2019

Meer oor:  Bibi Slippers  |  Sonja Loots  |  Jean Meiring  |  Boeke  |  Skrywers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.