Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Kortlyste van Media24 se jaarlikse boek-toekennings

Die skrywers Kerneels Breytenbach, Etienne van Heerden en Zirk van den Berg is vir die gesogte W.A. Hofmeyr-toekenning vir Afrikaanse fiksie benoem.

Kerneels Breytenbach
Etienne van Heerden
Zirk van den Berg
Ronelda Kamfer
Mongane Wally Serote

Dit is deel van Media24 se jaarlikse boektoekennings waarvan die kortlyste pas bekend gemaak is.

Dié toekennings het ’n gesamentlike prysgeld van R210 000 en gee erkenning aan die skrywers van die beste boeke wat in die afgelope jaar in die Media24-stal uitgegee is. Dit sluit dié deur NB Uitgewers (met drukname soos Human & Rousseau, Tafelberg, Kwela en Queillerie) en Jonathan Ball Publishers in. Meer as 80 titels is vir oorweging voorgelê.

Breytenbach is benoem vir sy roman Hond se gedagte, waarin Suid-Afrikaanse rugby én ’n charismatiese kerk in een gesin se hande is; Van Heerden vir sy veelstemmige Die biblioteek aan die einde van die wêreld, waarin verskeie botsende karakters aan die bod kom en wat Van Heerden in ’n onderhoud beskryf het as ’n “joernalistieke optekening van mense uit verskillende leefwêrelde se gedagtes en ervarings”; en Van der Berg se Ek wens, ek wens, wat handel oor ’n middeljarige lykbesorger wat by ’n kruispad in sy lewe kom.

Onafhanklike keurpanele het die kortlyste saamgestel. Die kortlyste bestaan uit drie titels elk, afgesien van die Elisabeth Eybers-toekenning, waarvoor al vier inskrywings in aanmerking kom, en die M.E.R.-toekenning vir geïllustreerde kinderboeke. Vir laasgenoemde is skrywers en illustreerders van vanjaar af op afsonderlike kortlyste. Op dié manier kan illustreerders wat nuwe lewe gee aan heruitgawes en verhaalbundels, wat opsigself nie kwalifiseer om in te skryf nie, nou ook vir erkenning in aanmerking kom.

Die kortlyste is soos volg:

W.A. Hofmeyr-toekenning vir Afrikaanse fiksie (romans, kortverhale, drama)

  • Hond se gedagte deur Kerneels Breytenbach (Human & Rousseau)
  • Ek wens, ek wens deur Zirk van den Berg (Kwela)
  • Die biblioteek aan die einde van die wêreld deur Etienne van Heerden (Tafelberg)

Herman Charles Bosman-toekenning vir Engelse fiksie (romans, kortverhale, drama)

  • Okay, Okay, Okay deur Finuala Dowling (Kwela)
  • Yellowbone deur Ekow Duker (Kwela)
  • Lucky Packet deur Trevor Sacks (Kwela)

Recht Malan-toekenning vir niefiksie

  • Rebels and Rage deur Adam Habib (Jonathan Ball Publishers)
  • Lawfare deur Michelle le Roux en Dennis Davis (Jonathan Ball Publishers)
  • One Day in Bethlehem deur Johnny Steinberg (Jonathan Ball Publishers)

Elisabeth Eybers-toekenning vir digbundels

  • Chinatown deur Ronelda Kamfer (Kwela)
  • Jan, Piet, Koos en Jakob deur Loftus Marais (Human & Rousseau)
  • Kryt deur Hennie Nortjé (Queillerie)
  • Sikhahlel’ u-OR: A Praise Poem for Oliver Tambo deur Mongane Wally Serote (Kwela)

M.E.R.-toekenning vir jeugverhale

  • The Choice Between Us deur Edyth Bulbring (Tafelberg)
  • Toring van jasmyn deur Derick van der Walt (Tafelberg)
  • Brand deur Fanie Viljoen (Tafelberg)

M.E.R.-toekenning vir geïllustreerde kinderboeke: Skrywer

  • Bella en Sebastiaan deur Mari Grobler (Tafelberg)
  • Die legendariese Lua Verwey 2: ’n Plaas se geraas deur Dihanna Taute (Human & Rousseau)
  • Die dag toe die draak kom: ’n Boek vir meisies deur Fanie Viljoen (Human & Rousseau)

M.E.R.-toekenning vir geïllustreerde kinderboeke: Illustreerder

  • Die hasie van fluweel deur Margery Williams, vertaal en verwerk deur Linda Rode en geïllustreer deur Theodore Key (Human & Rousseau)
  • Liewe Heksie en die pampoene deur Verna Vels, geïllustreer deur Vian Oelofsen (Human & Rousseau)
  • Die dag toe die draak kom: ’n Boek vir meisies deur Fanie Viljoen, geïllustreer deur Tumi K. Steyn (Human & Rousseau)

Die wenner in elke kategorie ontvang R35 000. Met die M.E.R.-toekenning vir geïllustreerde kinderboeke word die prysgeld verdeel tussen die twee kategorieë met die wen-skrywer en wen-illustreerder(s) wat elk R17 500 sal kry.

Die toekennings word op Donderdag 18 Junie aanlyn toegeken.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.