Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Kortlyste van UJ-pryse is bekend
Harry Kalmer

Die ontslape skrywer Harry Kalmer is op die kortlys van die Universiteit Johannesburg (UJ)-pryse vir sy laaste roman In ’n land sonder voëls. Kalmer is verlede jaar aan kanker oorlede.

Altesaam 83 titels is ingeskryf vir (UJ)-pryse wat jaarliks oorhandig word. Die pryse is twee dekades gelede gestig om skrywers aan te moedig om in Afrikaans te skryf en om steeds nuwe horisonne te bly soek en ondersoek.

Twee pryse word toegeken - ’n debuutprys en ’n prys vir gevestigde skrywers. Beide die pryse word sonder inagneming van genre toegeken. Vertalings, jeugromans en kinderboeke word nie vir inskrywing aanvaar nie. Jaarliks ding bundels poësie, korttekste in verskillende formate, groot verskeidenheid romans, biografieë en ook verskillende soorte nie-fiksie mee.

Die prysgeld vanjaar beloop onderskeidelik R80 000 en R45 000.

Op die kortlys vir die 2020 UJ-debuutprys, is;

Klikbek – Sydney Gilroy

Gedeeltelik bewolk – Ruan Kemp

Zola – Johan Jack Smith

Op die kortlys vir die 2020 UJ-prys;

Hond se gedagte – Kerneels Breytenbach

In ’n land sonder voëls – Harry Kalmer

Strafjaart – Theo Kemp

Die biblioteek aan die einde van die wêreld – Etienne van Heerden

Die verevrou – Jan van Tonder

Die paneel beoordelaars vir 2020 was: Frederick J Botha, Bibi Burger (UP), Karen de Wet (UJ)(voorsitter), Amanda Lourens (US), Jolyn Phillips (UJ), Marné Pienaar (UJ) en

Heindrich Wyngaard. Die pryse word later vanjaar oorhandig.

Meer oor:  Uj  |  Harry Kalmer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.