SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Boeke
Krog vereer met ‘ganzenveer’
Antjie Krog Foto: Antonia Steyn

Verbysterd en op ’n vreemde manier tog ook ontroerd . . .

Só het Antjie Krog gereageer op die nuus dat sy die jongste ontvanger is van die De Gouden Ganzenveer vir 2018.

Dié prys is die afgelope naweek aan haar toegeken.

De Gouden Ganzenveer is ’n kulturele prys wat jaarliks in Nederland toegeken word aan ’n persoon of instituut ter verering van hul bydrae tot die geskrewe en gedrukte woord in die Nederlandse taal.

Dié prys word vanjaar vir die eerste keer aan iemand van buite Nederland en België toegeken.

In 2017 is dit toegeken aan die bekroonde romansier Arnon Grunberg.

Gerdi Verbeet, voorsitter van die Akademie van die Gouden Ganzenveer, het die nuus op die Nederlandse radioprogram De Taalstaat bekendgemaak.

“Die Akademie van die Gouden Ganzenveer vereer Krog as ’n spesiale en veelsydige digter, as ’n uitsonderlike skrywer en joernalis van integriteit, en as ’n begaafde kunstenaar van haar eie werk.”

Eloise Wessels, besturende direkteur van Media24-Boeke en hoof van NB-Uitgewers, het die nuus verwelkom.

“Dit is vir ons as Krog se uitgewer eweneens wonderlike nuus – ons is saam met haar trots en bly.”

Joost Nijsen, Krog se Nederlandse uitgewer by Podium, meen dat die entoesiasme vir haar werk bogemiddeld groot moet wees vir die Akademie om ’n uitsondering te maak vir ’n “buitelandse” outeur.

“Ons het hier by Podium op die tafel gespring toe ons dit gehoor het.

“Nie alleen is die Gouden Ganzenveer waarskynlik die mees gesogte literêre prys in Nederland nie, maar dit is bowendien uniek dat die prys toegeken word aan ’n nie-Nederlandse skrywer.”

De Gouden Ganzenveer sal op 19 April tydens ’n geleentheid in Amsterdam aan Krog oorhandig word.

Meer oor:  Antjie Krog  |  Digkuns  |  Nederland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.