Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Kry jou jeugroman reg vir Lapa se kompetisie
Fanie Viljoen Foto: Verskaf

Of jy ’n gevestigde skrywer of ’n groentjie is, enigeen kan inskryf vir Lapa se tweejaarlikse jeugromankompetisie en die goeie nuus is dat enigeen ’n kans staan om te wen soos die verlede al bewys het.

Fanie Viljoen en Marita van der Vyver is onder die bekendes wat al die wengeld ontvang het, maar Zelda Bezuidenhout het gewys dat jy ook as nuwelingskrywer ’n wenner kan wees. Sy was in 2017 die naaswenner met haar debuutjeugboek, As mens geluk kon proe.

Die prysgeld is R50 000 wat verdeel word in R25 000 vir die wenner en R12 500 vir elkeen van die twee naaswenners.

Jy het boonop genoeg tyd om te besluit hoe jy ’n wenstorie kan lewer, omdat die sluitingsdatum eers 31 Oktober 2021 is.

Zelda Bezuidenhout Foto: Verskaf

Dit is belangrik om te weet dat die ouderdomsgroep van 11 tot 18 jaar vir wie die verhale geskryf word, drie onderafdelings het.

Jy kan dus fokus op die jonger tieners van 11 tot 13 jaar, 13 tot 15 jaar of op jong volwassenes van 15 tot 18 jaar.

Die aanbeveling is dat die manuskripte 25 000 tot 30 000 woorde vir 11- tot 13-jariges moet wees; 30 000 en 45 000 woorde vir 13- tot 15-jariges; en 45 000 tot 70 000 woorde vir 15- tot 18-jariges.

Goeie voorbeelde van suksesvolle boeke vir die onderskeie groepe is die volgende: 11 tot 13 jaar: die Thomas@-reeks deur Carina Diedericks-Hugo, 'n Goeie dag vir boomklim en Dinge wat ek nie van skape geweet het nie deur Jaco Jacobs.

13 tot 15 jaar: Z-A-K: Die Blou Planeet deur Theresa van Baalen, Kate in harmonie deur Jacolet van den Berg en As mens geluk kon proe deur Bezuidenhout.

15 tot 18 jaar: Offers vir die vlieë deur Fanie Viljoen, Oopmond deur Jan Vermeulen en Al wat ek weet deur Marita van der Vyver.

Selfs al is jy nie een van die wenners nie, kan Lapa besluit om jou verhaal te publiseer.

Inskrywings kan per e-pos gestuur word na kompetisie@lapa.co.za met Jeugromankompetisie en jou manuskrip se titel as onderwerp, of per koerier na LAPA Uitgewers, Jeugromankompetisie, Bosmanstraat 380, Pretoria, 0002.

Die wenners word in Maart 2022 bekend gemaak.

Besoek www.lapa.co.za om jou van die manuskripformaat en ander vereistes te vergewis.

Meer oor:  Lapa  |  Fiksie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.