Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Kry jou muse, dis weer tyd om te skryf!
Hans du Plessis (links) en Bernard Odendaal bied vanjaar die Bloemfontein-skrywersvereniging se slypskool aan.

Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV) vier vanjaar sy halfeeu met temas vir die jaarlikse skryfwedstryd wat mense na hul pen sal laat gryp en twee slypskool-aanbieders pleks van een vir dié jaarlikse hoogtepunt.

Corlietha Swart, wat die afgelope 12 jaar die BSV-voorsitter is, sê die gerekende letterkundiges Hans du Plessis en Bernard Odendaal sal die slypskool aanbied. Odendaal is die huidige direkteur van die ATKV-skryfskool en Du Plessis is sy voorganger.

Die BSV se hoofprojek is elke jaar ’n landwye skryfwedstryd wat die net wyd gooi. Van laerskoolleerlinge tot volwassenes kan in ’n groot verskeidenheid ouderdoms- en genrekategorieë inskryf. Jy kan kies of jy ’n kortverhaal, kortkortverhaal, skets, essay of gedig wil inskryf.

Die pryse is meer as net ’n kontantbedrag uit die totale prysgeld van R18 000. Die onderskeie kategoriewenners kan die slypskool gratis bywoon en die wenwerke word in die BSV-bundel Inkvars gepubliseer.

Swart sê die wedstryd was vir talle gevestigde Afrikaanse skrywers die springplank na ’n skrywersloopbaan, soos Jaco Jacobs, Fanie Viljoen, Carina Diedericks-Hugo, Sonja Loots, Hannes Haasbroek, Madelein Rust en vele meer sal bevestig.

Sowat 1 000 inskrywings word elke jaar ontvang wat anoniem beoordeel word.

Enkele van die temas vir vanjaar is “Twee rooi oë”, “Man/vrou sonder skaduwee”, “Waar is al die plante/diere heen?”, “Die oorgretige fotograaf”, “Die weerbegin”.

Kry al die inligting en die inskryfvorm op die webwerf http://bloemsv.word­press.com. Inskrywings moet die BSV op die laatste op 11 Mei bereik.

Die slypskool is op 22 Augustus in Bloemfontein.

Borgskappe van die fakulteit geestes­wetenskappe van die Univer­siteit van die Vrystaat, die Stichting tot Bevordering van Culturele Betrekkingen Nederland Zuid-Afrika en die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (Naln) maak die wedstryd moontlik.

Meer oor:  Kompetisie  |  Skrywersvereniging  |  Bloemfontein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.