Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
KYK: Camilla, Meryl lees voor uit boek vir liefdadigheid

Die Oscar-bekroonde rolprentmaker Taika Waititi het van die bekendste mense ter wêreld bymekaargehark om Roald Dahl se 1961-boek, James and the Giant Peach, saam met hom in ’n nuwe webreeks te lees.

James and the Giant Peach with Taika & Friends word in samewerking met die Roald Dahl Story Company Ltd. en die Roald Dahl-liefdadigheidstrust aangebied met die doel om minstens £1 miljoen in te samel.

Dié bedrag sal geskenk word aan Partners in Health en ander organisasies sonder winsbejag, waaronder die Roald Dahl’s Marvellous Children’s Charity, wat alles in die stryd werp om die Covid-19-pandemie te bestry.

Die reeks gaan uit tien episodes bestaan wat een na die ander op Maandae, Woensdag en Vrydag om 19:00 (Suid-Afrikaanse tyd) gratis op www.youtube.com/roalddahl uitgereik word. Die sewende episode word Vrydag voorgelees.

Benewens Waititi, wat die verteller in die reeks is, sal heelparty bekendes, onder andere die driemalige Oscar-wenner Meryl Streep, Chris en Liam Hemsworth, Benedict Cumberbatch, Cate Blanchett, Ryan Reynolds en Lupita Nyong’o, deelneem.

’n Beroering is ook aanlyn veroorsaak toe Camilla, die hertogin van Cornwall, Woensdag haar opwagting in die reeks se sesde episode gemaak het.

“Ek is opgewonde om die voorlesing te doen,” het die hertogin gesê voordat sy weggeval het. “Ek is nie ’n akteur nie, maar ek gaan my bes probeer.”

Waititi het ná die hertogin se voorlesing gesê hy dink nie hulle het te sleg gevaar nie, waarop sy geantwoord het: “Ek dink glad nie ons het sleg gevaar nie.”

Dit is onbekend hoe lank die webreeks nog op YouTube beskikbaar sal wees nadat dit op 5 Junie ten einde loop.

– Saamgestel deur Christiaan Boonzaier

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.