Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
KYK WEER! Die boekgesprek oor 'Hartstories van ons land se boere'

Kyk weer na Tafelberg en Netwerk24 se aanlyn gesprek met Ivor Price en Kobus Louwrens oor Hartstories van ons land se boere!

Terwyl die gronddebat voortwoed, stel dié boek ons voor aan die landbouers wat die kos verbou waarvan Suid-Afrika leef.

Ivor was voorheen aanbieder van onder meer RSG se Monitor en die SAUK-nuus en is tans aanbieder van VIA se Vir die liefde van die land. Kobus is ’n bekroonde omgewingsverslaggewer, tydskrif- en koerantuitgewer en tans direkteur vir digitale strategie by ’n bemarkingsagentskap. Saam gee hulle ’n intieme blik in die daaglikse plaaslewe deur uiteenlopende boere se belewenisse van boer saam te stel in hierdie boek. Of dit agribesighede is, of klein maar geliefde plasies wat met passie bewerk word, elke boerdery is uniek en elke boer het ’n storie. ’n Inspirerende ode aan ons landbouers.

“In ’n wêreld waar ons selde mekaar se daaglikse omstandighede verstaan, bring dié boek ons boere se stryd, hartseer én hoop tot binne-in ons huise, met medemenslikheid en deernis,” sê omroeper Martelize Brink.

Van die mense wat hul stories in Hartstories van ons land se boere deel, is:

Koos Janse van Rensburg (Reitz), Ivor Price (Mankazanavallei), Pieter Prinsloo (Queenstown), Wadea Jappie (Schaapkraal), Siviwe Tikana (Oos-Londen), Rita-Theresa du Plessis van der Mescht (Grootvlei), Mxolisi Mvaba (Smithfield), Whernit Dirks (Piketberg), Malixole Gwatyu (Overberg), Kosie van Zyl (Napier), Alfreda Stephanie Mars (Moorreesburg), Lizemarie de Klerk (Onderstepoort), Mthakathi Simon Makhanya (Tenbosch), Jacob en Magrieta Cloete (Concordia), Sandile Ngidi (Amahlongwa), Jacobus Cloete (Steinkopf), Max Ndamane (Richmond), Mahlomelane Johannes Mthembu (Doornkuil), Anneliese Burgess (Oos-Londen), Philip Jonker (Bonnievale), Dineo Boshomane (Diepsloot), Nokamile Manjuza (Ngcobo), Lehman Lindeque (Kroonstad), Jac Jordaan (Somerset-Oos), Vivian Kleynhans (Stellenbosch), Burgert van Rooyen (Letsitele), Irma van Rooyen (Letsitele), Nick Serfontein (Edenville), Henk Harmse (Bultfontein), Ettiene van Wyk (Marydale), Nonkululeko Britton-Masekela (Midrand) en Kobus Louwrens (Paarl).


Die boek is by alle goeie boekwinkels oor die land heen te koop en is ook beskikbaar in Engels as For the Love of the Land. Jy kan dit selfs as e-boek aanskaf.

SKAKEL IN!

Kobus en Ivor gesels op Donderdag 6 Mei 2021 om 20:00 met mekaar. Jy kan die uitsending op Netwerk24.com kyk. Die gesprek is gratis vir intekenare.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.