Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
KYK: Michelle Obama lees kinderboeke voor

As jy ’n woelwater by die huis het wat iets soek om te doen, kan jy jou kind vir ’n tydjie besig hou met ’n kinderboekvoorlesing deur Michelle Obama.

Dié voormalige Amerikaanse presidentsvrou het op Twitter aangekondig sy het met PBS Kids, ’n handelsmerk van die Amerikaanse openbare uitsaaier PBS, en die uitgewer Penguin Random House saamgespan om tot 11 Mei elke Maandag ’n kinderboek voor te lees.

Elke aflewering van die reeks, bekend as Mondays with Michelle Obama, word om 18:00 (Suid-Afrikaanse tyd) op PBS Kids se Facebook-blad en YouTube-kanaal uitgesaai.

“Ek kan nie wag om die betowering van storievertel met kinders te deel deur elke Maandag ’n gewilde kinderboek voor te lees nie,” het Obama getwiet.

“Ek hoop julle geniet Maandae met my – en ek kan nie wag om julle volgende week te sien nie.”

Die reeks het op 20 April begin toe Obama The Gruffalo deur Julia Donaldson voorgelees het. Op 27 April lê Tom Fletcher se There’s a Dragon in Your Book voor.

’n Video van elke voorlesing sal kort daarna op Facebook en YouTube beskikbaar wees sodat die jongspan dit weer en weer kan geniet.

Saamgestel deur Christiaan Boonzaier

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.