Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Kyk wie haal kortlys vir Ingrid Jonker-prys
Ingrid Jonker

Die kortlys van die Ingrid Jonker-debuutprys vir poësie is Vrydag bekend gemaak.

Vanjaar kom Engelse debuutbundels in aanmerking, wat in 2018 en 2019 verskyn het.

Die prys word jaarliks beurtelings aan ’n Afrikaanse of Engelse debuutdigbundel toegeken – die twee tale waarin Ingrid Jonker geskryf het.

Elf inskrywings is deur die komitee ontvang en daar is op vier bundels besluit: All the Places deur Musawenkosi Khanyile, Everything is a Deathly Flower deur Maneo Mohale, Skeptical Erections deur Mxolisi Dolla Sapeta en Zikr deur Saaleha Idrees Bamjee.

Die wenner word op 13 Julie aangekondig. Die prysgeld beloop R10 000.

Volgens die reglement moet die beoordelaars almal gepubliseerde digters wees, aangesien dit ’n prys van digters aan digters is. Vanjaar se beoordelaars is Vonani Bila, Sindiswa Busuku en Wendy Woodward.

Ronel de Goede is die sameroeper van die Ingrid Jonker-pryskomitee. Die digter en skrywer Finuala Dowling is die sameroeper van die Engelse prys. Die ander komiteelede is Marius Crous, Kobus Moolman en Vincent Oliphant.

Danie Marais, voormalige voorsitter, tree as raadgewer vir die komitee op.

Meer oor:  Ingrid Jonker  |  Gedigte  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.