Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Kyk wie is op Booker-langlys
Dame Hilary Mantel Foto: Getty Images
Tsitsi Dangarembga Foto: Getty Images

Die Pulitzer-pryswenner Anne Tyler en die tweemalige Booker-pryswenner dame Hilary Mantel – die eerste vrou wat die Booker-prys twee keer kon wen – is albei op die langlys vir vanjaar se Booker-prys ingesluit.

Tyler, wat in 2015 die kortlys vir die Booker-prys met haar roman A Spool of Blue Thread gehaal het, het haar plek op vanjaar se langlys met die roman Redhead by the Side of the Road verseker.

Mantel het die Booker-prys in 2009 en 2012 vir onderskeidelik die historiese romans Wolf Hall en Bring Up the Bodies – die eerste twee aflewerings in ’n trilogie – verower. Die laaste aflewering in dié trilogie, The Mirror & the Light, het haar nou ’n plek op die 2020-langlys besorg. As sy wen, sal sy die eerste skrywer wees om die gesogte prys drie keer in die sak te steek.

Vanjaar se langlys, wat oudergewoonte weer 13 boeke insluit, is Dinsdag bekend gemaak. Colum McCann, oorspronklik van Ierland, Maaza Mengiste, oorspronklik van Ethiopië en die Zimbabwiese skrywer Tsitsi Dangarembga is die enigste skrywers van buite Amerika of Brittanje wat die langlys gehaal het. Die skrywers op die langlys sluit in:

  • Anne Tyler (Amerika) – Redhead by the Side of the Road
  • Avni Doshi (Amerika) – Burnt Sugar
  • Brandon Taylor (Amerika) – Real Life
  • C Pam Zhang (Amerika) – How Much of These Hills Is Gold
  • Colum McCann (Ierland/Amerika) – Apeirogon
  • Diane Cook (Amerika) – The New Wilderness
  • Douglas Stuart (Skotland/Amerika) – Shuggie Bain
  • Gabriel Krauze (Brittanje) – Who They Was
  • Hilary Mantel (Brittanje) – The Mirror & the Light
  • Kiley Reid (Amerika) – Such a Fun Age
  • Maaza Mengiste (Ethiopië/Amerika) – The Shadow King
  • Sophie Ward (Brittanje) – Love and Other Thought Experiments
  • Tsitsi Dangarembga (Zimbabwe) – This Mournable Body

Volgens ’n mediaverklaring is 162 romans, wat tussen 1 Oktober 2019 en 30 September 2020 in Brittanje en Ierland uitgegee is, vir vanjaar se Booker-prys oorweeg. Die langlys is deur Margaret Busby (voorsitter), Lee Child, Sameer Rahim, Lemn Sissay en Emily Wilson opgestel.

’n Kortlys met ses boeke sal op 15 September aangekondig word, en die wenner, wat £50 000 ryker sal wees, in November. Al die skrywers op die kortlys sal £2 500 en ’n spesiale uitgawe van hul boek ontvang.

Nadine Gordimer (1974) en J.M. Coetzee (1983 en 1999) is die enigste Suid-Afrikaners wat nog dié topprys kon wen. Coetzee was die eerste skrywer wat dit twee keer kon vermag.

– Saamgestel deur Christiaan Boonzaier

Meer oor:  J.M. Coetzee  |  Boeke  |  Nadine Gordimer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.