Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Kyk wie is (weer) op Booker-kortlys

Twee vorige wenners van die Booker-fiksieprys, Margaret Atwood en Salman Rushdie, is weer vanjaar op die kortlys van dié gesogte prys.

Boonop is die Nigeriese skrywer Chigozie Obioma vir die tweede keer vir sy tweede roman benoem.

Margaret Atwood

Die lys is Dinsdag deur Peter Florence, paneelvoorsitter, in Londen aangekondig.

Volgens Florence loop al hierdie boeke oor van die lewe “met ’n diep en feestelike menslikheid”.

Die benoemings is:

Margaret Atwood met The Testaments (Chatto & Windus)

Lucy Ellmann met Ducks, Newburyport (Galley Beggar Press)

Bernardine Evaristo met Girl, Woman, Other (Hamish Hamilton)

Chigozie Obioma met An Orchestra of Minorities (Little Brown)

Salman Rushdie met Quichotte (Jonathan Cape)

Elif Shafak met 10 Minutes 38 Seconds in This Strange World (Viking)

Salman Rushdie

Die kortlys is saamgestel uit 151 boeke wat voorgelê is.

Die boeke op die kortlys werp lig op verskillende wêrelde, van die distopiese ligging van Gilead, die monoloog van ’n tuisteskepper in Ohio en die tragikomiese verhaal van ’n reisende verkoopsman in Amerika.

“Die goue draad is ons bewondering jeens die buitengewone ambisie waarvan hierdie boeke spreek,” het Florence gesê. “Daar is ’n oorvloed humor, politieke en kulturele betrekkinge en ’n verbysterende skoonheid van taal. Enigiemand wat hierdie ses boeke lees, sal verryk word.”

Die wenner word op 14 Oktober aangewys.

Meer oor:  Salman Rushdie  |  Letterkunde  |  Boeke  |  Fiksie  |  Skrywers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.