Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Langlys bekend vir HSS-pryse

Die Nasionale Instituut vir Geestes- en Sosiale Wetenskappe (NIHSS) het vroeër vandeesweek die langlys vir sy jaarlikse HSS-pryse bekend gemaak.

Ismail Mahomed Foto: Suzy Bernstein

Dié pryse, wat vanjaar vir die sesde keer toegeken word, vereer Suid-Afrikaanse uitgewers, skrywers en akademici asook onafhanklike kunstenaars wat aan ’n Suid-Afrikaanse universiteit verbonde is.

Ismail Mahomed, tans hoof van die sentrum vir skeppende kunste aan die Universiteit van KwaZulu-Natal, het twee benoemings ontvang: een vir sy aandeel in die Jomba!-dansfees, wat verlede jaar weens die Covid-19-pandemie aanlyn aangebied is, en ’n tweede benoeming vir die Poetry Africa-digkunsfees.

Prof. Jonathan Jansen het ook twee benoemings ontvang: een vir die samestelling van Decolonisation in Universities: The politics of knowledge en ’n tweede benoeming vir sy en Cyrill Walters se samestelling van Fault Lines: A primer on race, science and society.

Olivia M. CoetzeeFoto: Argief
Prof. Lizette Rabe Foto: Argief

Prof. Hein Willemse is benoem vir sy dokumentêr Die versteekte geskiedenisse van Afrikaans.

Ander benoemdes in die kategorieë vir fiksie en niefiksie sluit in die voormalige adjunkhoofregter Dikgang Moseneke vir All Rise: A judicial memoir; prof. Lizette Rabe vir A Luta Continua: A history of media freedom in South Africa; die skrywer-joernalis Mandy Wiener vir The Whistle Blowers; die skrywer-joernalis Niq Mhlongo as samesteller van Joburg Noir; Olivia M. Coetzee vir haar debuutroman Innie shadows en prof. Tshilidzi Marwala vir Closing the Gap: The fourth industrial revolution in Africa.

Luidens ’n mediaverklaring is 82 inskrywings vir vanjaar se pryse ontvang. Die prysuitdeling, wat op 31 Maart in ’n nog onbekende venue plaasvind, sal in 11 kategorieë uitgedeel word. Die prysgeld in elke kategorie beloop R70 000.

– Saamgestel deur Christiaan Boonzaier

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.