Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
LEES: Elisabeth Eybers se gedig vir Koos Human
'n Jong Elisabeth Eybers

Die uitgewer Koos Human het Vrydag in die ouderdom van 86 in sy huis in Kaapstad gesterf.

Hy was deur die jare uitgewer vir van die land se bekendste en belangrikste skrywers.

Op sy vyftigste verjaardag het die ontslape digter Elisabeth Eybers hierdie gedig vir Human geskryf:


 

VIR KOOS

Liewe, deskundige Koos,

ag waar sou ons sonder jou wees?

– Ons, elkeen met vasberade

aanspraak op jou genade,

kon nooit van die denkbeeld genees

dat Suid-Afrika gretig moet wees

om wát ons ook neerpen te lees.

Liewe, deskundige Koos,

ag waar sou ons sonder jou wees?

– Sonder jou koel taksasie

maar veral jou gulhartige grasie,

jou altyd geduldige lag,

jou sikkels wat ons verag

dog nietemin klokslag verwag?

Met al ons verdraaidheid en vrees,

voortvarend en voorsorgloos,

ag waar sou ons sonder jou wees?

Al is die kuns ook hóé boos,

steun ons nóg, medepligtige Koos!


Meer oor:  Elizabeth Eybers  |  Koos Human  |  Human & Rousseau
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.