Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
LUISTER: Azille Coetzee praat met Dana Snyman
Azille Coetzee

In die vierde aflewering van Azille Coetzee se podsending, In my vel, in ons taal, gesels sy met Dana Snyman.

Dana Snyman is ’n geliefde en bekroonde skrywer, joernalis en dramaturg. Hy is ’n reisiger en storieverteller. Hy staan bekend vir die deernis waarmee hy mense en hul verhale uitbeeld, sy vermoë om die besondersheid en vreemdheid van die alledaagse te laat sien, en die eerlikheid waarmee hy sy eie gedagtewêreld blootlê. Azille Coetzee gesels met Dana oor generasiegapings, wit Afrikanerskap, nostalgie en Afrika.

  • Azille Coetzee is die skrywer van In my Vel: ’n Reis (Tafelberg) en ’n postdoktorale navorser by die SARChI Leerstoel in Gender Politiek by Stellenbosch Universiteit.

NUWE PODSENDING: Azille Coetzee gesels met 7 Suid-Afrikaners

LUISTER DIE EPISODE HIER:

Het jy die vorige episode misgeloop?

Luister na Azille se gesprek met Marita van der Vyver hier:

Marita van der Vyver is een van ons mees geliefde Afrikaanse skrywers wat in 1992 nasionaal én internasionaal opspraak gemaak het met haar roman Griet skryf ’n sprokie. In Griet skryf Marita openlik oor seks, en plaas sy vroulike begeerte in die middel van die storie, iets wat daardie tyd nog nooit in Afrikaans gedoen is nie. Sedertdien het sy ’n heeltydse en veelsydige skrywer vir alle ouderdomme geword. Vandag woon Marita in ’n klein dorpie in die suide van Frankryk saam met haar Franse man en hul kinders. Haar nuwe boek Grensgeval gaan weer oor ’n sensitiewe onderwerp in ons kultuur – die grensoorlog. Azille Coetzee gesels met Marita oor seks (natuurlik), feminisme, emigrasie, en die dinge wat spook in die Afrikaner psige.

Luister na Azille se gesprek met Ronelda Kamfer en Nathan Trantraal hier:

Ronelda Kamfer is die bekroonde skrywer van vier digbundels, wat in verskeie tale vertaal is, en Nathan Trantraal is ’n comic-boekkunstenaar, rubriekskrywer, draaiboekskrywer en digter. Hy het al ’n paar grafiese romans geskryf en drie bekroonde digbundels. Hulle is getroud en tussen hulle het hulle al die meeste van die belangrike literêre pryse in Suid-Afrika ingepalm. Azille Coetzee gesels met hulle oor hul liefdesverhouding en huishouding, die geïnstitusionaliseerde rassisme en seksisme in die Afrikaanse literêre establishment, die rol van kuns, en dan lees hulle elkeen ’n liefdesgedig (opgedra aan mekaar) uit hul nuutste bundels, Chinatown en Oolog.

Luister na Azille se gesprek met Mercy Kannemeyer

Mercy Kannemeyer is teatermaker, regisseur, en skrywer. Sy is in 2017 deur die Afrikaanse Taalraad vereer met 'n Kokerprys vir haar dokumentêr, Die ander kant, waarin sy vra wat ons kan verloor as Afrikaans as onderrigtaal by Stellenbosch Universiteit afgeskaf word. Sy word gereken as een van Afrikaans se opwindendste opkomende teatermakers en het al verskeie toneelstukke op die planke gebring – onder andere Ons is nie almal so nie, ’n verwerking van Jeanne Goosen se bekende boek. Azille Coetzee gesels met haar oor identiteitspolitiek en deernis, oor haar liefde vir Afrikaans, haar stryd vir moedertaalonderrig en haar ervaring van millenniër wees.

Waarna kan intekenare volgende week uitsien?

Luister Woensdag 9 Desember na Azille se gesprek met Kabous Meiring

Kabous Meiring is dokumentêre filmregisseur, meningsvormer, en televisieaanbieder, onder meer. Verskillende mense rondom die tafel gaan sit om moeilike gesprekke te hê, of van Mega boere, ’n televisieprogram waarin sy deur die land reis om met boere te gesels oor die uitdagings van ons tye. Kabous is bekend om reguit praat, maar ook om haar vermoë om met mense te connect en hul stories die lig te laat sien. Azille Coetzee praat vandag met Kabous oor die borrels waarin ons leef, die woke-kultuur, plaasmoorde, Black Lives Matter en Afrikanerskap.


Meer oor:  Azille Coetzee  |  Podsending
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.