Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
LUISTER: Dana en sy besoek aan Adriaan Vlok

Dana Snyman se reisjoernaal Op pad was Netwerk24 se luisterboek van die maand in Julie 2019. Die boek was tot 31 Julie op Netwerk24 beskikbaar. Luister elke maand na 'n nuwe luisterboek op Netwerk24.

Adriaan Vlok, oudminister van wed en orde. Foto: Theana Breugem

’n Wasskotteltjie van Makro en ’n visitekaartjie met die woorde: “Adriaan Vlok. Vergifnis/Forgiveness.”

Dít is wat Dana Snyman aangetref het toe hy die oudminister gaan aangeklop het.

Hy beskryf dié ontmoeting in sy reisjoernaal, Op pad, wat vandeesmaand eksklusief op Netwerk24 as luisterboek beskikbaar is.

“Hier ry ek op ’n Donderdagoggend, in my 53ste jaar op aarde, deur Pretoria se strate na oudminister Adriaan Vlok toe, gewese sterkman in die PW Botha-kabinet, asof ek op pad is na ’n geestelike raadgewer,” skryf Dana.

Vlok is die enigste apartheidsminister wat by die Waarheids-en-versoeningskommissie (WVK) om amnestie aansoek gedoen het. Hy was onder meer betrokke by ’n komplot om eerw. Frank Chikane te vermoor.

Jare later het hy Chikane in sy kantoor in die Uniegebou gaan vergifnis vra en sy voete gewas.

“Ek het gehuil, en Frank het gehuil en vir ons gebid,” het Vlok aan Dana gesê.

“Weet jy, daai oomblik toe ek daar op my knieë staan en sy voete was en myself verneder, het my hele lewe verander.”

Luisterboeke op Netwerk24

Netwerk24 en NB Uitgewers gaan vir die volgende jaar elke maand twee luisterboeke op Netwerk24 beskikbaar stel.

In Julie kan intekenare na ’n voorlesing uit Dana Snyman se reisjoernaal, Op pad, luister.

Kinders kan uitsien na ’n voorlesing uit Fiona Moodie se Noko en die koel katte – perfek vir voor slaaptyd!

Meer oor:  Adriaan Vlok  |  Dana Snyman  |  Nwluisterboeke  |  Luisterboeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.