Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
LUISTER: Dana ontmoet vir Joost

Dana Snyman se reisjoernaal Op pad was Netwerk24 se luisterboek van die maand in Julie 2019. Die boek was tot 31 Julie op Netwerk24 beskikbaar. Luister elke maand na 'n nuwe luisterboek op Netwerk24.

Joost van der Westhuizen nadat hy al ’n geruime tyd reeds aan motorneuronsiekte gely het. Foto: Argief

In Dana Snyman se reisjoernaal, Op pad, beskryf hy ’n Joost-aand waarop geld vir Joost van der Westhuizen se J9-stigting en vir mense wat aan motorneuronsiekte (MNS) ly, ingesamel is. Joost was dié aand ook daar.

“Ons ander staan net na hom en staar, glas teen die bors. Jy kan dit nie help nie – jy kan nie net na hom kyk nie, jy staar na hom. Die man wat Jonah Lomu in ’95 reg van voor getackle het, wat 38 drieë vir die Bokke gedruk het, en daar sit hy vasgevang in ’n sterwende lyf,” skryf Dana.

Op pad is vandeesmaand eksklusief op Netwerk24 as luisterboek beskikbaar.

In die tweede deel van dié boek staan Dana ’n hoofstuk af aan dié aand waarop van Joost se oud-Springbok-maats, soos Mark Andrews en Adri Geldenhuys, hulde aan hom gebring het. Joost was ook op die verhoog.

Dana skryf: “Soms lag hy geluidloos, met sy mond oop, sy kop effens skeefgetrek. Af en toe lig Pieter ’n glas vol bier en hou dit voor hom en dan suig hy bietjies-bietjies deur ’n strooitjie in. En sy oë, die hele tyd is jy bewus van sy oë – oë vol lewe en drif.”

Luisterboeke op Netwerk24

Netwerk24 en NB Uitgewers gaan vir die volgende jaar elke maand twee luisterboeke op Netwerk24 beskikbaar stel.

In Julie kan intekenare na ’n voorlesing van Dana Snyman se reisjoernaal, Op pad, luister.

Kinders kan uitsien na ’n voorlesing van Fiona Moodie se Noko en die koel katte – perfek vir voor slaaptyd!

Wenke om die boek te luister

  • Die boek is slegs beskikbaar vir Netwerk24-intekenare.
  • Die boek is tot 30 Augustus op Netwerk24 beskikbaar en sal daarna met ander luisterboeke vervang word. Begin dus sommer vandag nog luister!
  • Jy kan op jou rekenaar of in ons app na die luisterboeke luister.
  • Maak seker jy het die jongste weergawe van die Netwerk-24-app as jy na die boek op jou selfoon wil luister.
  • Maak seker jou Wi-Fi is aangeskakel as jy na die boek begin luister.

VIR KINDERS: Luister na Fiona Moodie se kinderboek Noko en die Koel Katte eksklusief op Netwerk24 in Julie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.