Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Luister na stemme van die Sestigers op RSG
Ilse Salzwedel

Die stemme van die Sestigers klink op in ’n minireeks oor dié groep Afrikaanse skrywers wat tans op RSG uitgesaai word.

Dit spruit uit ’n argiefopname wat Ilse Salzwedel, aanbieder van Skrywers en boeke, vroeër vanjaar uitgesaai het.

Dit bestaan uit ’n gesprek tussen Bartho Smit, Chris Barnard, André P. Brink, Jan Rabie en Etienne Leroux.

Die groep het in die 1960’s ontstaan en hulle was anti-establishment.

“Dit is nou sowat 60 jaar later en daar is ’n nuwe lesersgenerasie wat hulle waarskynlik nie meer onthou nie,” sê Salzwedel, wat die minireeks elke tweede week as as deel van haar program uitsaai.

“Ek het besluit om argiefonderhoude uit te saai, want dit is interessant om hul siening oor hul beweging te hoor. Die beweging het nie noodwendig uit een mond gekom nie. Hulle het nie oor alles saamgestem nie. ”

Benewens die klank uit die argief gesels sy informeel met prof. Willie Burger, letterkundige aan die Universiteit van Pretoria (UP), oor die Sestigers. Hy praat onder meer oor hul nalatenskap.

Chris Barnard Foto: Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (Naln)
Ingrid Jonker Foto: Anne Fischer
André P. Brink

’n Onderhoud met Brink is verlede week uitgesaai.

“Volgende week is dit Chris Barnard en twee weke later Ingrid Jonker en nog twee later Breyten Breytenbach,” sê Salzwedel.

“Dit hang ook af van watter klank beskikbaar is, maar ek voel ’n mens kan hierdie argiefmateriaal goed gebruik. Hierdie argiewe vertel dikwels die storie agter die storie.

Dit bestaan uit baie goeie gesprekke. En miskien prikkel hierdie gesprekke jonger lesers om hul werk te verken.”

Skrywers en Boeke word Woensdae om 20:00 op RSG (100 tot 104 FM) uitgesaai.

Meer oor:  Rsg  |  Ingrid Jonker  |  André P. Brink  |  Chris Barnard  |  Skrywers  |  Radio
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.