SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Boeke
LUISTERBOEK: Die blou van onthou deur Marita van der Vyver

Intekenare kan tot 31 Desember na Marita van der Vyver se Die blou van onthou luister op Netwerk24. Die boek word deur die bekroonde aktrise Anna-Mart van der Merwe voorgelees.

Almal het 'n bietjie meer tyd oor die Desembervakansie en daarom het Netwerk24 en NB-uitgewers besluit om vandeesmaand twee luisterboeke vir ons intekenare beskikbaar te stel. 

Luister oor die vakansie na Marita van der Vyver se Die blou van onthou én Rudi van Rensburg se Kamikaze.

KLIK HIER OM KAMIKAZE TE LUISTER.

Waaroor gaan Die blou van onthou?

Die blou van onthou

In die skemer van haar lewe kry Colette Cronjé ’n brief van ’n lank vermiste familielid. Dit kom uit Portugal en dit dwing haar om alles te onthou wat sy ’n leeftyd lank probeer vergeet het.

Want wat ’n halwe eeu gelede in Portugal gebeur het, het haar eie lewe asook dié van die volgende twee geslagte onherroeplik verander. Haar dogter, Nandi, se verset teen haar ouers en haar afkoms is so verreikend dat sy haar kind vir aanneming weggee, alleen oorsee vlug en alle bande met haar familie verbreek. Haar kleindogter, Tina, word groot sonder om haar bloedfamilie te leer ken.

Maar bloed bly bloed, jou familie bly jou familie, jou taal bly jou taal. Daarom word dit die verhaal van ’n Afrikaanse familie, van drie opeenvolgende geslagte wat reageer op mekaar en op hul tyd, van drie vroue wat leef in die spanning tussen weggaan en moet bly, tussen vergeet en móét onthou. Die blou van onthou is ’n boek wat die leser omrol en maal in sy kolke van stemme en geskiedenis en oeroue hunkerings.

Meer oor Marita van der Vyver

Marita van der Vyver
Marita van der Vyver

Van der Vyver het drie romans vir jonger lesers geskryf voordat haar eerste volwasse roman, Griet skryf ’n sprokie, die literêre landskap verander het. Sedertdien is sy ’n heeltydse skrywer met vele topverkopers agter haar naam, soos Dis koue kos, skat, Die dinge van ’n kind en Griet kom weer. Sy woon in Frankryk.

Anna-Mart van der Merwe doen die voorlesing van Di
Anna-Mart van der Merwe doen die voorlesing van Die blou van onthou. Foto: Jaco Marais

Luister hier na die boek:

Het jy die vorige luisterboeke op Netwerk24 misgeloop?

Moenie bekommerd wees nie! Hoewel die Afrikaanse luisterboeke net vir 'n maand gratis op Netwerk24 beskikbaar is, is die boeke steeds op Audible te koop.

Klik hier om die verskillende boeke te koop:

JULIE 2019: Op pad deur Dana Snyman

AUGUSTUS 2019: Dubbelspel deur Wilna Adriaanse

SEPTEMBER 2019: Kamphoer deur Francois Smith

OKTOBER 2019: Stormkind deur Riana Scheepers

NOVEMBER 2019: Fees van die ongenooides deur PG du Plessis

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.