Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
LUISTERBOEK: Die swerfjare van Poppie Nongena deur Elsa Joubert

Boekwurms kan 2020 op die regte noot afskop deur na Elsa Joubert se roman, Die swerfjare van Poppie Nongena, en Wilna Adriaanse se spanningsroman, Eindspel, op Netwerk24 te luister.

Dié twee boeke was tot 31 Januarie op Netwerk24 beskikbaar.

Waaroor gaan Die swerfjare van Poppie Nongena?

Die swerfjare van Poppie Nongena

Die swerfjare van Poppie Nongena het die eerste keer in 1978 verskyn en vertel die lewensverhaal van ’n swart vrou teen die agtergrond van apartheid. Die hartverskeurende, dog inspirerende roman is met vele pryse bekroon en word steeds beskou as een van die beste romans wat Afrika in die 20ste eeu opgelewer het. Poppie se verhaal sal geen mens onaangeraak laat nie.

Poppie Nongena word op ouma Hannie se rug in Upington en by haar ma in Lambertsbaai se lokasie groot. Maar Poppie se lewe verander onherroeplik toe sy met die migrantewerker Stone Nongena trou en deur die owerhede gedwing word om na ’n sinkhuisie in Nyanga te trek. Kort daarna begin haar moeilikheid met die paskantoor.

Vir die volgende tien jaar voer Poppie ’n verbete stryd teen die apartheidsregering se tuislandbeleid wat bepaal dat sy en haar kinders in Ciskei moet gaan woon. Maar Poppie verloor nie moed nie: sy doen alles in haar vermoë om vir haar kinders ’n beter toekoms te verseker.

Poppie die fliek

Christiaan Olwagen se film, Poppie Nongena, word aan die einde van Januarie uitgereik. Die film is onlangs by die Silwerskermfees met 12 pryse vereer.

LEES OOK: Olwagen salueer SA ma’s met ‘Poppie’

LEES OOK: Poppie’ maak skoonskip by Silwerskermfees

Kyk die lokprent hier:

Meer oor Elsa Joubert

Elsa Joubert
Elsa Joubert

Elsa Joubert (1922) is in die Paarl gebore. Sy is met die WA Hofmeyr, CNA en Louis Luytprys bekroon vir haar invloedryke roman Die swerfjare van Poppie Nongena (1978), wat vertaal is as The Long Journey of Poppie Nongena. In 2017 verskyn haar outobiografiese teks Spertyd wat met die kykNETRapportpys en ’n ATKV Woordveertjie bekroon word.

Lus vir nog 'n boek?

Luister ook tot 31 Januarie na Wilna Adriaanse se spanningsroman, Eindspel. Klik hier om die boek te begin luister, voor dit in Februarie deur twee nuwe boeke vervang gaan word. Eindspel is die vervolgverhaal van Wilna Adriaanse se blitsverkoper, Dubbelspel**.

**Dubbelspel was in Augustus 2019 Netwerk24 se luisterboek vir die maand. Alhoewel die boek net vir een maand op Netwerk24 beskikbaar was, is die luisterboek nou op Audible te koop. Klik hier om die boek te koop.

Het jy die vorige luisterboeke op Netwerk24 misgeloop?

Moenie bekommerd wees nie! Hoewel die Afrikaanse luisterboeke net vir ’n maand gratis op Netwerk24 beskikbaar is, is die boeke steeds op Audible te koop.

Klik hier om die verskillende boeke te koop:

JULIE 2019: Op pad deur Dana Snyman

AUGUSTUS 2019: Dubbelspel deur Wilna Adriaanse

SEPTEMBER 2019: Kamphoer deur Francois Smith

OKTOBER 2019: Stormkind deur Riana Scheepers

NOVEMBER 2019: Fees van die Ongenooides deur PG du Plessis

DESEMBER 2019: Die blou van onthou deur Marita van der Vyver

Meer oor:  Nwluisterboeke  |  Luisterboeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.