Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
LUISTERBOEK: Dubbelspel deur Wilna Adriaanse

Wilna Adriaanse se spanningsroman, Dubbelspel, is Netwerk24 se luisterboek vir Augustus.

Netwerk24-intekenare kan elke maand na Afrikaanse luisterboeke op Netwerk24 luister. Luister van 1 tot 31 Augustus na Wilna Adriaanse se spanningsroman, Dubbelspel.

En op die koop toe kan kinders én hul ouers kan tot 31 Augustus na Bennie Boekwurm: Tokka die stoute kabouter en twee stories van Die Avonture van Wilde Willemientjie luister.

Waaroor gaan die boek?

Die Italianers met hulle Mafia­verbintenisse, die Chinese triades, die Nigeriërs, die Russe, Koreane, Indiërs, die hele lot, en dan natuurlik nog die plaaslike ouens ook. Niemand is hier vir die land en die Kaap se natuurskoon nie. Geld is die enigste god wat aanbid word.

Toe Ellie McKenna instem om dié wêreld te infiltreer, het sy gedink sy weet waarvoor sy haar inlaat. Maar soos haar pa altyd gesê het, die duiwel deel nie visitekaartjies uit nie. En nou is haar pa nie meer daar nie en moet sy self besluit wie sy kan vertrou en waartoe sy in staat is. Haar pa het ook gesê dis ’n job waaruit iemand dikwels nie lewend wegstap nie.

Meer oor die skrywer

Wilna Adriaanse is in 1958 in die Kalahari gebore en het op Worcester grootgeword. Haar bekendste boeke is Met ander woorde (2006), Vier seisoene kind (2010) en Dubbelspel (2014). Sy het haar MA­-graad in skeppende skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad voltooi en daaruit spruit haar roman ’n Klein lewe (2012). Sy verdeel tans haar tyd tussen Botswana en die Boland.

Luister na die boek

Klik hieronder op die verskillende hoofstukke om na die boek te luister.

Luisterboeke op Netwerk24

Netwerk24 en NB Uitgewers gaan elke maand luisterboeke op Netwerk24 beskikbaar stel.

  • Die boek is slegs beskikbaar vir Netwerk24-intekenare.
  • Die boeke is tot 31 Augustus op Netwerk24 beskikbaar en sal daarna met 'n ander luisterboek vervang word. Begin daarom sommer vandag nog luister!
  • Jy kan op jou rekenaar of binne ons app na die luisterboeke luister.
  • Maak seker jy het die jongste weergawe van die app as jy die boek op jou selfoon wil luister.
  • Maak seker jou wifi is aangeskakel as jy die boek begin luister.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.