Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
LUISTERBOEK: Eindspel deur Wilna Adriaanse

Boekwurms kan 2020 op die regte noot afskop deur na Wilna Adriaanse se spanningsroman, Eindspel, en Elsa Joubert se roman, Die swerfjare van Poppie Nongena, op Netwerk24 te luister.

Dié twee boeke is tot 31 Januarie op Netwerk24 beskikbaar.

Spring sommer vandag weg en luister lekker saam, voor die boeke in Februarie met twee nuwe titels vervang word.

Waaroor gaan Eindspel?

Eindspel

Eindspel is die vervolg op Wilna Adriaanse se 2014 spanningsroman Dubbelspel.

Ellie hou van haar nuwe lewe op die platteland. Tyd om te dink oor haar pa se dood by die padblokkade, om te herstel van haar tyd in die polisie. Sy help selfs uit as kerkorrelis en vul haar dae met alledaagse goed.

Net wanneer sy nie kan slaap nie, gaan sit sy in die spaarkamer, waar haar kaarte, diagramme en lyste opgeplak is. Name, datums, verbintenisse. Êrens in die web is haar pa se moordenaar. Sy moet net hard genoeg soek.

Op ’n dag, terwyl sy hulle in die truspieëltjie van die orrel dophou, weet sy alles was vir hierdie dag. En dat sy sal moet uitvind wie haar soek, en waarom.

**Dubbelspel was in Augustus 2019 Netwerk24 se luisterboek vir die maand. Alhoewel die boek net vir een maand op Netwerk24 beskikbaar was, is die luisterboek nou op Audible te koop. Klik hier om die boek te koop.

Meer oor die skrywer

Wilna Adriaanse Foto: Johan Wilke

Wilna Adriaanse is in 1958 in die Kalahari gebore en het in Worcester grootgeword. Haar bekendste boeke is Met ander woorde (2006), Vier seisoene kind (2010) en Dubbelspel (2014). Sy het haar MA-graad in skeppende skryfwerk aan die UK voltooi, en daaruit spruit haar roman ’n Klein lewe .(2012). Sy verdeel haar tyd tussen Botswana en die Boland.

Luister die boek hier:

Lus om nog 'n boek te luister?

Luister tot 31 Januarie 2020 na Elsa Joubert se roman Die swerfjare van Poppie Nongena – nét op Netwerk24.

Klik hier om die boek te luister.

Het jy die vorige luisterboeke op Netwerk24 misgeloop?

Moenie bekommerd wees nie! Hoewel die Afrikaanse luisterboeke net vir ’n maand gratis op Netwerk24 beskikbaar is, is die boeke steeds op Audible te koop.

Klik hier om die verskillende boeke te koop:

JULIE 2019: Op pad deur Dana Snyman

AUGUSTUS 2019: Dubbelspel deur Wilna Adriaanse

SEPTEMBER 2019: Kamphoer deur Francois Smith

OKTOBER 2019: Stormkind deur Riana Scheepers

NOVEMBER 2019: Fees van die Ongenooides deur PG du Plessis

DESEMBER 2019: Die blou van onthou deur Marita van der Vyver 

Meer oor:  Nwluisterboeke  |  Luisterboeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.