Netwerk24-intekenare kan in Januarie na Zirk van den Berg se bekroonde roman, Ek wens, ek wens, luister. Dit is tot 31 Januarie op Netwerk24 beskikbaar.
Waaroor gaan die boek?
As lykbesorger by White Lily Funerals het Seb al talle lyke gebalsem, organe teruggepak in lyfholtes, bene gekonnekteer en wasbleek gesigte gegrimeer vir die laaste besigtiging deur roubeklaers. ’n Mens het jou werk en jy doen dit, dit help nie om vir ander goed te wens nie, of hoe? Nietemin wens Seb wel af en toe vir die een of ander ingryping om hom los te ruk uit sy saai bestaan – nie net by die werk nie, maar ook tuis waar hy, sy vrou en tienerkinders verby mekaar leef. Eendag, toe die sterwende seuntjie Gawie en sy ma by die begrafnisondernemers instap, begin Seb tog in wense glo . . .
Ek wens, ek wens is met die 2020 W.A. Hofmeyrprys vir Afrikaanse fiksie bekroon.
’n Fabel vir moderne tye. ’n Heerlike verhaal.
Kerneels Breytenbach.
Luister die boek:
Meer oor die skrywer

Zirk van den Berg
Zirk van den Berg is in Namibie¨ gebore, het grootgeword in Suid-Afrika, en woon nou in Nieu-Seeland. Hy debuteer met ’n kortverhaalbundel, Ekstra dun vir meer gevoel, en daarna ’n roman, Wydsbeen. Sedertdien verskyn sy romans in Afrikaans e´n Engels: Nobody Dies en ’n Ander mens; Halfpad een ding en Half of One Thing; Die vertes in en Parts Unknown.