Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
LUISTERBOEK: Elders

Intekenare kon in Junie na Elders deur Erns Grundling luister. 

Dié reisverhaal oor die Camino Francés was Netwerk24 se luisterboek van die maand. Intekenare kon tot 30 Junie gratis na ’n voorlesing daarvan op Netwerk24 luister.

Elders
Waaroor gaan dit?

In Mei 2015 reis die Weg-joernalis Erns Grundling na Europa om die Camino Francés, die bekende en gewilde pelgrimstog na Spanje, op sy eie te gaan stap. Hy is onvoorbereid, oorgewig, beseer en onfiks.

Daarby is hy volledig ontnugter deur homself, die liefde en die lewe. Elders vertel die verhaal van Grundling se staptog van 1 025 km oor 40 dae, wat hy sonder ’n selfoon, kamera of horlosie aangepak het. In ’n tyd dat ons almal toenemend onder beleg voel weens die onmiddellikheid van selfone en sosiale media, ontdek hy die ware betekenis en beloning van om in die oomblik te leef.

Hy raak drie en ’n half keer verlief, loop sy Doppelgänger raak, beleef ’n reeks avonture en ontmoet kleurryke karakters, skud meer as 10 kg af en kom tot waardevolle nuwe insigte langs hierdie roete van innerlike transformasie.

Elders is ’n ongewone boek – ’n reisverhaal en memoire wat behalwe vir ’n fisieke avontuur ook ’n deernisvolle blik op die ewe kosbare binnereis bied.

Erns Grundling
Erns Grundling

Meer oor die skrywer

Grundling is ’n TV-aanbieder (kykNET: Elders: Die Camino, Die ware naarheid) en veelbekroonde joernalis (voorheen by Weg, LitNet, Insig en Huisgenoot). Hy woon in Kaapstad. Sy 2017-reisboek Elders, oor sy Camino-staptog, was ’n groot treffer en is nou ook as Walk It Off beskikbaar. Koshuis (2018), wat hy saamgestel het, was ook baie gewild.

Het jy die vorige luisterboeke op Netwerk24 misgeloop?

Moenie bekommerd wees nie! Hoewel die Afrikaanse luisterboeke net vir ’n maand gratis op Netwerk24 beskikbaar is, is die boeke steeds op Audible te koop.

Klik hier om die verskillende boeke te koop:

JULIE 2019: Op pad deur Dana Snyman

AUGUSTUS 2019: Dubbelspel deur Wilna Adriaanse

SEPTEMBER 2019: Kamphoer deur Francois Smith

OKTOBER 2019: Stormkind deur Riana Scheepers

NOVEMBER 2019: Fees van die Ongenooides deur PG du Plessis

DESEMBER 2019: Die blou van onthou deur Marita van der Vyver

JANUARIE 2020: Eindspel van Wilna Adriaanse en Die swerfjare van Poppie Nongena deur Elsa Joubert

FEBRUARIE 2020: Plekkie in die son deur Ena Murray en 'n Tuin vir Tessa deur Helena Hugo.

MAART 2020: Kringe in 'n Bos deur Dalene Matthee.

APRIL 2020: Man van Cirene

MEI 2020: Hykie Berg: My storie van hoop

Meer oor:  Erns Grundling  |  Camino  |  Elders  |  Luisterboek  |  Nwluisterboeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.