Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
LUISTERBOEK: Fees van die ongenooides deur PG du Plessis

PG du Plessis se roman Fees van die ongenooides is Netwerk24 se luisterboek vir November.

Intekenare kan elke maand na Afrikaanse boeke op Netwerk24 luister. Luister van 1 tot 30 November na Fees van die ongenooides.

Waaroor gaan die boek?

Fees van die ongenooides.
Fees van die ongenooides.

Fees van die ongenooides is sekerlik die uitnemendste toonbeeld van PG du Plessis se vertelkuns. Sy roman is weliswaar een van die heel grootste werke oor die Boereoorlog, maar dit is ook ’n werk wat in ’n hedendaagse idioom vrae vra oor hoe ons onthou, wat ons onthou en wat die gevolge is van vergeet.

Die roman is in 2009 met die ATKV-prosaprys bekroon en in 2012 het dit die Helgaard Steyn-prys ontvang vir die beste boek in enige genre wat in die vorige jaar in Afrikaans gepubliseer is.

Oor die roman het Du Plessis in 2015 vir Willemien Brummer tydens ’n onderhoud gesê: “Oor één ding is ek dankbaar, en dís dat ek die genade gekry het om Fees van die ongenooides (2008) klaar te skryf. Ja, ek dink dis die een ding wat ek wóú maak; die een ding wat ek móés maak.”

Meer oor die skrywer

PG du Plessis

PG du Plessis (1934-2018) was ’n bekroonde skrywer, dramaturg, storieverteller en volksikoon. Uit sy pen het Die nag van legio, Koöperasiestories, Siener in die suburbs en Fees van die ongenooides verskyn.

LEES OOK: Profielonderhoud met PG du Plessis.

LUISTER DIE BOEK NOU:

En vir die kleinspan?

Huppelkind
Huppelkind

Kinders én hul ouers kan tot 30 November na Huppelkind (Deel 2) op Netwerk24 luister. Die boek is in 13 kort stories van ’n paar minute elk verdeel. Klik hier om die boek te luister.

Het jy die vorige luisterboeke op Netwerk24 misgeloop?

Moenie bekommer nie! Alhoewel die Afrikaanse luisterboeke net vir 'n maand gratis op Netwerk24 beskikbaar is, is die boeke ook op Audible te koop.

Klik hier om die verskillende boeke te koop:

JULIE 2019: Op pad deur Dana Snyman

AUGUSTUS 2019: Dubbelspel deur Wilna Adriaanse

SEPTEMBER 2019: Kamphoer deur Francois Smith

OKTOBER 2019: Stormkind deur Riana Scheepers

Meer oor:  Nwluisterboeke  |  Luisterboeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.