Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
LUISTERBOEK: Fiela se kind

Intekenare kan in Oktober op Netwerk24 na een van Dalene Matthee se bosromans luister. Fiela se kind is Netwerk24 se luisterboek van die maand. Intekenare kan tot 31 Oktober na die voorlesing daarvan op Netwerk24 luister.

Fiela se kind

Waaroor gaan die boek?

Die driejarige seuntjie van Elias en Barta van Rooyen verdwyn spoorloos in die Knysnabos.

In die Langkloof, anderkant die berg, ontferm Fiela Komoetie haar oor ’n weggooilam wat een nag voor

haar deur kom huil. Die een kind is Lukas, die ander Benjamin. Is dit dieselfde kind? Dié raaisel word nege jaar later oopgekrap deur twee sensusmanne wat die wit kind met die blou oë by ’n bruin gesin in die Langkloof kry.

Fiela se kind is ’n boek met ’n warm hartklop, oor moederliefde en liefde wat oor grense heen strek.

Meer oor die skrywer

Dalene Matthee
Dalene Matthee

Dalene Matthee (1938-2005) het internasionale roem verwerf met haar bosromans Kringe in ’n bos (1984), Fiela se kind (1985), Moerbeibos (1987) en Toorbos (2003). Meer as ’n miljoen kopieë van haar boeke is al verkoop en is in sowat veertien tale vertaal, onder meer Engels, Frans, Duits, Spaans, Italiaans, Hebreeus en Yslands.

Wie doen die voorlesing?

June van Merch lees die boek voor.

June van Merch
June van Merch

Luister die boek:

Meer oor:  Luisterboeke  |  Nw24luisterboeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.