Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
LUISTERBOEK: Hykie Berg: My storie van hoop

Intekenare kon in Mei na Hykie Berg se outobiografie op Netwerk24 luister.

Hykie Berg: My storie van hoop was Netwerk24 se luisterboek van die maand. Intekenare kon tot 31 Mei gratis na ’n voorlesing daarvan op Netwerk24 luister.

Waaroor gaan dit?

Hykie Berg

Hykie Berg was op die kruin van die golf – hy was ’n suksesvolle akteur en in die oë van die wêreld het hy alles gehad wat ’n mens kon begeer. Tot die dag dat hy iemand in ’n badkamer op stel dwelms sien gebruik het en so hard teruggeval het in sy ou gewoontes dat hy by die dood omgedraai het. Hierdie boek volg hom deur die dwelmhole van Hillbrow na Botswana en na waar hy uiteindelik tot stilstand kom, in ’n veiligheidsel in die Weskoppies- psigiatriese hospitaal. Hier kom red God hom van ’n gewisse dood. ’n Verhaal van God se groot genade en ’n getuigskrif dat Hy ons nie die rug toekeer nie.

Meer oor die skrywer

Hykie Berg is in Pretoria gebore en het daar skoolgegaan. Hy het drama studeer en was te sien in TV-­reekse soos EgoliBinnelanders en rolprente soos Dis ek, Anna. In 2011 het hy aan Survivor South Africa deelgeneem en die reeks gewen. Hy is passievol daaroor om mense te help wat in verslawing verval het. Hy bly in Johannesburg.

Luister die boek hier:

Het jy die vorige luisterboeke op Netwerk24 misgeloop?

Moenie bekommerd wees nie! Hoewel die Afrikaanse luisterboeke net vir ’n maand gratis op Netwerk24 beskikbaar is, is die boeke steeds op Audible te koop.

Klik hier om die verskillende boeke te koop:

JULIE 2019: Op pad deur Dana Snyman

AUGUSTUS 2019: Dubbelspel deur Wilna Adriaanse

SEPTEMBER 2019: Kamphoer deur Francois Smith

OKTOBER 2019: Stormkind deur Riana Scheepers

NOVEMBER 2019: Fees van die Ongenooides deur PG du Plessis

DESEMBER 2019: Die blou van onthou deur Marita van der Vyver

JANUARIE 2020: Eindspel van Wilna Adriaanse en Die swerfjare van Poppie Nongena deur Elsa Joubert

FEBRUARIE 2020: Plekkie in die son deur Ena Murray en 'n Tuin vir Tessa deur Helena Hugo.

MAART 2020: Kringe in 'n Bos deur Dalene Matthee.

APRIL 2020: Man van Cirene deur F.A. Venter

Meer oor:  Luisterboek  |  Hykie Berg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.