Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
LUISTERBOEK: 'Kamikaze' deur Rudie van Rensburg

Intekenare kon tot 31 Desember na Rudie van Rensburg se Kamikaze en Marita van der Vyver se Die blou van onthou luister op Netwerk24. 

Almal het 'n bietjie meer tyd oor die Desembervakansie en daarom het Netwerk24 en NB-uitgewers besluit om vandeesmaand twee luisterboeke vir ons intekenare beskikbaar te stel. 

Luister oor die vakansie na Marita van der Vyver se Die blou van onthou én Rudi van Rensburg se Kamikaze.

Waaroor gaan 'Kamikaze'?

Kamikaze

Kassie Kasselman is kriewelrig. Sy lewe lank poeliesman gewees, maar wragtag, wat hy nóú alles in die media oor sy geliefde SAPD lees. En met sy eie oë sién ook, in kol. Daniels se kantoor by die Nuwelandstasie.

Kassie het juis ’n ander werkaanbod gehad . . .

En dan moet dit natuurlik só kom dat hy in die middel van sy loopbaankrisis teen die grieseligste moordenaar tot nog toe te staan kom.

Die Pion se moordloopbaan het tentakels wat terugstrek na die apartheidsera, met moderner euwels soos die Afrika-handel in vervalste medisyne wat ook Kassie se aandag verg. Slim skuiwe, dis wat Kassie moet maak, en gou ook.

Spioenasie en parlementêre wapenhandelkorrupsie, die ontkleeklubskemerwêreld en ’n kil moordenaar uit jou nagmerries – Kamikaze is Van Rensburg se spanningsvolste roman tot nog toe.

Meer oor Rudie van Rensburg

Rudie van Rensburg
Rudie van Rensburg

Van Rensburg woon in Kaapstad en het al sewe gewilde spanningsverhale geskryf: SlagysterKopskootJudaskusPiranaKamikazeYs en Medusa, en die komiese roman Hans steek die Rubicon oorKamikaze was die 2018-wenner van die ATKV-woordveertjie vir spanningsfiksie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.